MAALTYD MET GOD
 
Ria le Roux, Doringkruin, Klerksdorp, skryf:


Die kosbaarheid van samesyn aan die einde van die dag, het U, 0 Heer, so hoog geag dat U die voorbereiding van die tafel vir die breek van brood, deur die dag beplan. En in die stilte van die aanduur sit U rustig saam met u dissipels, breek die brood, drink die wyn en deel met hulle die verborgenhede van u Koninkryk. U neem ‘n skottel en doek, omgord Uself - kniel by elkeen, was sy voete met u heilige Hande. U liefde straal uit na elkeen wat U bedien met voetewas. So raak U deur u Gees met diepe liefde elkeen aan, hoor U elke hartsversugting en genees U liggaam, siel en gees.
Wanneer, 0 Heer, sal u volk tot inkeer kom, U weer saans die Eregas aan tafel maak sodat U ons kan aanraak, salf en genees na die dag se pyn en leed? Wanneer sal u kinders smag daarna om die kosbare waarhede van u Woord te kan aanhoor - sonder die televisie wat luidkeels blêr en daar vir U geen plek meer aan tafel is nie... So word ons kinders geoffer aan die afgodsbeeld. Huwelike gaan tot niet omdat die huisaltaar en God se Woord geen plek meer het in die kring van die huisgesin nie!

Indeks