MAAK 2006 'N JAAR VAN VASTE VOORNEME
 

Maak hierdie jaar 'n paar Goddelike voornemens. Dit sal jou help om saam
met God op die regte pad te bly.

VERHOUDING
Bevestig opnuut jou verhouding met God.
Leer my U pad, Here, ek wil wandel
in U waarheid; leer my U met
toewyding dien. (Ps. 86:11).

VERLEDE
Kyk terug op die jaar wat verby is en vra God
om jou te wys waar jy deur swakheid en sonde
verhoed is om geestelik te groei.
Deurgrond my, o God, deurgrond my hart,
ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of
ek nie op die verkeerde pad is nie en
lei my op die beproefde pad! (Ps. 139:23-24).

VERGIFNIS
Bely jou sondes en vra God om jou te vergewe.
Maar as ons ons sondes bely - Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe
ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. (1 Joh. 1:9).

VERSTERK
Vra God om jou te versterk en om vir jou
'n nuwe visie te gee vir die jaar wat voorlê.
Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie
teëspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting! (Jer. 29:11).

VERNUWE
Vra God om jou te help om jou lewe te sien soos Hy dit
sien. Wy jou dan opnuut toe aan Sy plan vir jou lewe.
Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word
nie, maar laat God julle verander deur julle denke
te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die
wil van God is, wat vir Hom goed en
aanneemlik en volmaak is. (Rom. 12:2).

VOORNEME
Maak 'n vaste voorneme om getrou te wees
aan God se wil vir jou lewe. Maak Sy Naam
groot in alles wat Hy in gebed aan jou openbaar.
Ek span my in om by die wenstreep te kom,
sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe
God my geroep het in Christus Jesus. (Fil. 3:14).

VERSEKERING
Skryf alles neer wat God in gebed aan jou
openbaar. Kyk gereeld daarna en onthou dan
dit is net deur Sy genade dat jy in Hom kan groei.
Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die
genadetroon, sodat ons barmhartigheid en
genade kan ontvang en so op die regte tyd
gered kan word. (Heb. 4:16).
- Oorgeneem

Geborg deur: Lemon Blossom Gastehuis
Kerkstr. 4, Potchefstroom.
(018) 297 1137 of 082 803 3872

Indeks     Index