SES WQNDERLIKE GESKENKE UIT DIE HAND VAN JESUS | ||
  |
Jou vooruitsig vir die nuwe jaar kan baie goed wees en net so ryk soos die beloftes van God. Die Bybel sê jy kan vertroue hê vir die toekoms wat baie seker is, maar dit berus nie op jou eie vermoë of jou eie vasberadenheid nie. Dit is gegrond op God se liefde en Sy getrouheid. Wat ook al vanjaar vir jou voorlê - stygende pryse, werkloosheid, probleme in jou gesin - niks sal hierdie vooruitsig kan wegneem nie. Die profeet Jeremia het die geheim geken. Die Here het vir hom gesê: "Dit sal goed gaan met elkeen wat op My vertrou en sy verwagting in My stel" (Jeremia 17:7). God, die almagtige Skepper en Onderhouer van die heelal, weet van elke probleem en Hy gee vir jou om. Hy kan jou sekerheid vir die toekoms gee. Vir iemand wat nie deur Jesus Christus verlos is nie, lyk die lewe leeg en sonder vooruitsig. In werklikheid is dit ook so, want Paulus sê van sulke mense: "Julle het sonder God gelewe en daar was vir julle geen vooruitsig in die wêreld nie" (Efesiërs 2:12). Wat Jesus Christus jou aanbied, kan jy nie koop nie en niemand sal dit ooit van jou kan wegneem nie: * LIEFDE wat nie van jou gevoelens of jou verdienste afhang nie, maar op die eindelose goedheid van God gegrond is. "Kyk hoe wonderlik is God se liefde vir ons, want Hy het Christus vir ons laat sterwe toe ons nog sondaars was" (Romeine 5:8). * 'N NUWE VERHOUDING MET GOD, omdat Christus ons skuld betaal het. "(Christus) het Sy lewe gegee ter wille van ons wat skuldig was om ons na God toe te bring" (1 Petrus 3:18). * VRIENDSKAP waarop jy kan reken, want Jesus Christus het gesê: "Ek sal nooit van jou af weg-gaan of jou in die steek laat nie" (Hebreërs 13:5). * 'N DOEL IN DIE LEWE, want om Jesus Christus te gehoorsaam en vir Hom te lewe, gee sin aan ons bestaan. Jesus het gesê: "Ek is die pad na die Vader toe. Ek is die waarheid. Ek is die lewe" (Joh. 14:6). * VOLKOME SEKERHEID oor ons eindbestemming. Jesus het belowe: "Ek kom weer om julle te kom haal sodat julle by My kan wees” (Joh. 14:3). * 'N EWIGE TUISTE, waar niks weer die lewe kan versuur nie, geen haat of selfsug of bekom-mernis of siekte of dood nie. "Hy sal elke traan van hulle oë afvee en daar sal nie meer dood wees nie. Niemand sal ooit weer hartseer wees of huil nie en daar sal geen pyn meer wees nie" (Openbaring 21:4). Waar jy aan die begin van 2009 staan, kan jy na omstandighede kyk en maar net hoop op die beste. MAAR die ander moont-likheid is dat jy jou lewe tot die Here se beskikking kan stel en op Hom vertrou. Dán kan jy die vooruitsig hê dat wat ook al vir jou voorlê, Hy saam met jou sal gaan en jou deur al die omstandighede sal dra. "Wat dit ook al mag wees waar-mee ons te doen het, daar is niks, letterlik niks, onder al die dinge wat God geskape het wat ons sal kan wegruk van God se liefde vir ons nie, want Jesus Christus ons Here het daardie liefde vir ons gebring" (Romeine 8:39). |