EK DANK U, HERE
  … vir al U seëninge.
Dankie dat U altyd daar was…
in sonnige en droewige, bewolkte dae…
in vreedsame agtermiddae en lang, donker nagte…
in gesondheid en ongesteldheid...
in al die blydskap en droefheid wat ek ondervind het
gedurende die afgelope jaar.

Dankie, Here vir vriendelike glimlagte, helpende
hande, liefde en al die wonderlike dinge wat ek
ontvang het.
Vir blomme, sterre, kinders en liefdevolle familie en
vriende.

Maar dankie ook vir die valleie, onseker tye en trane,
omdat al hierdie dinge my nader aan U gebring het.

Dankie dat U my bewaar het, gevoed het, en
voorsien het in al my behoeftes.

Wat hou hierdie jaar vir my in? Dit wat U wil gee,
Here. Skenk my geloof om U raak te sien te midde
van alle lewensomstandighede. Skenk my hoop en
moed om nooit op te gee nie, en liefde… meer liefde
vir U elke dag en vir almal rondom my.

Skenk my geduld, nederigheid, onderdanigheid, en ‘n
vrygewige hart.
Gee vir my, Here, dít wat U weet goed is vir my,
selfs die dinge wat ek nie weet hoe om te vra nie.

Gee my ‘n gehoorsame hart, ‘n sensitiewe oor, en
aktiewe hande sodat ek my kan onderwerp aan U
volmaakte wil vir my lewe.

Seën my geliefdes en bring vrede in die harte van die
mensdom.
Amen.

Indeks     Index