AAN SY HAND... | ||
  |
‘n Onbekende jaar lê voor my en wat dit inhou, weet ek nie. Wat daar wag van smart of vreugde is nou nog net bekend by God die Vader. Daaroor bekom-mer ek my nie nou nie, maar laat dit in Sy sorg en liefde. Al sou daar siekte wees of sonskyn, al sou dit voor-spoed wees of swaarkry, al sou ek volop vriende hê of in eensaamheid my pad moet loop, vertrou ek op die Here se beloftes en aan Sy Hand gaan ek die toekoms in. Al sou die son bedags nie skyn nie of daar geen ster te sien wees in die nag, sal ek nie bang wees vir die donker nie, want die Here Self is vir my lig en lewe. Al sou die aardse lig dan dowwer word, is daar in Sy nabyheid altyd LIG! |