PIGMEË NEEM JESUS CHRISTUS AAN | ||
  |
Sendelinge wat pionierswerk in Kinshasa doen, het in die mid-1990's na die oerwoud gegaan om die Evangelie aan die Pigmeë in die Kongo te bring. Hulle het 'n stam van 6 000 Pigmeë besoek op hulle reis al langs die Kongo-rivier af. Die jong stamhoof, Lendongo, was een van die eerste van die stam om Christus as sy Verlosser te bely. Daarna het baie gevolg - minstens 4 000 tot 6 000 Pigmeë het Christus aangeneem in minder as 24 maande. Pigmeë gebruik dikwels bome as huise. Hulle leef en slaap in die bome en maak hulself soms vas aan 'n tak om te verhoed dat hulle uitval terwyl hulle slaap! Die sendelinge het 'n “Every Tree Crusade” gehou. Bosuka, wat “einde van die wêreld” beteken, is een van die groter Pigmeë-gemeenskappe. Na 'n geestelike deurbraak in Bosuka, het die Pigmeë 'n dorp gestig met 'n kerk in die middel. Dit het daartoe gelei dat duisende Pigmeë in die omgewing hulle lewens aan Christus oorgegee het. Die werk het aan die begin egter stadig gevorder, want die Pigmeë was bang vir die groter-geboude swartmense (die eerste sendelinge was swartmense). Die Pigmeë se gevoel van minder-waardigheid het dit moeilik gemaak om die Evangelie aan hulle te bring. Een van die metodes wat die sendelinge gebruik het, was om na 'n oop stuk grond te gaan en sout op 'n boomstomp daar te los. (Sout is 'n baie skaars artikel vir die Pig-meë). Spoedig het die Pigmeë gekom, stadig nader gegaan, die sout gegryp en bobbejaanvleis of vis in die plek daarvan gelos. Stadig maar seker het hulle geleer om die Christene te vertrou. Na 'n aantal dae, of soms selfs weke, het die sendelinge dan 'n geleentheid gekry om 'n paar kort sinne met die ruiltransaksies te sê. Dit het soms 'n hele paar geleenthede geneem voordat hulle die Evangelieboodskap kon verstaan, maar wanneer hulle uiteindelik die sondaarsgebed gebid het, het hulle van vreugde begin lag! Hulle het Jesus Christus ontmoet! Die Evangelie bring transformasie in dele van die oerwoud waar baie gesinne tot redding kom. [Look what God is doing, Dick Eastman, Chosen Books, 2009]. |