MAAK 2011 'N JAAR VAN VASTE VOORNEME | ||
  |
Maak hierdie jaar 'n paar wyse voornemens.
Dit sal jou help om saam met God op die regte pad te bly. VERHOUDING Bevestig opnuut jou verhouding met God. Leer my U pad, Here, ek wil wandel in U waarheid; leer my U met toewyding dien. (Ps. 86:11) VERLEDE Kyk terug op die jaar wat verby is en vra God om jou te wys waar jy deur swakheid en sonde verhoed is om geestelik te groei. Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad! (Ps. 139:23-24) VERGIFNIS Bely jou sondes en vra God om jou te vergewe. Maar as ons ons sondes bely - Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. (1 Joh. 1:9) VERSTERK Vra God om jou te versterk en om vir jou 'n nuwe visie te gee vir die jaar wat voorlê. Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teëspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting! (Jer. 29:11) VERNUWE Vra God om jou te help om jou lewe te sien soos Hy dit sien. Wy jou dan opnuut toe aan Sy plan vir jou lewe. Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. (Rom. 12:2) VOORNEME Maak 'n vaste voorneme om getrou te wees aan God se wil vir jou lewe. Maak Sy Naam groot in alles wat Hy in gebed aan jou openbaar. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus. (Fil. 3:14) VERSEKERING Skryf alles neer wat God in gebed aan jou openbaar. Kyk gereeld daarna en onthou dan dit is net deur Sy genade dat jy in Hom kan groei. Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade kan ontvang en so op die regte tyd gered kan word. (Heb. 4:16) - Oorgeneem |