5 VOOR MIDDERNAG?
 
NOU BESKIKBAAR!

Vandag lewe ons in 'n deurmekaar en verwarde wêreld. Baie min mense beskik werklik nog oor Bybelse of vaste morele beginsels. Vanuit kerkgeledere is daar ook nie meer baie sterk of ferm leierskap in hierdie opsig nie, aangesien leiers poog om almal in hul geledere se sieninge en voorkeure te akkommodeer al druis dit ook in teen die uitsprake van die Woord van God wat ons morele kompas behoort te wees.

Selfs in die Rapport van 23 Oktober 2011 word aangevoer dat die beskikbaarheid van moderne tegnologie enorme eise stel aan die handhawing en najaag van morele norme en waardes. Pornografie is vryelik op die internet beskikbaar en tieners lê hul eie seksdade op selfone vas. Hulle versprei dan hierdie kinderpornografie by hul skole. Hierdie kommerwekkende verskynsel van die verspreiding van ongure foto's en kru SMS-taal is algemene praktyk en tekenend van die verval in ons samelewing.
In Huisgenoot van 9 Junie 2011 lees ons van 'n egpaar wat die wêreld op hol het, omdat hulle hul kind self sy of haar geslag wil laat kies. Die vyf maande oue Storm Stocker sal geslagloos bly tot hy of sy oud genoeg is om self oor sy of haar geslag te besluit. Die ouers glo die kind moet die vryheid hê om te kies watter geslag hy of sy wil wees, sonder die beperkings wat die same-lewing op mans en vroue plaas.

Omdat die heerskappy van God en Sy lewensbeginsels en riglyne nie onvoorwaardelik aanvaar en uitgevoer word nie, doen elke mens net wat hy of sy wil. Sonder dat hulle dit egter besef, veroorsaak hierdie verset teen God dat mense soos dwalende skape sonder 'n herder is. Jesaja skryf tereg: “Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop...” (53:6(a) OV). Op sy beurt verklaar Salomo: “Daar is 'n lewenswyse wat vir 'n mens reg kan lyk, maar die uiteinde daarvan is die dood” (Spreuke 16:25 NV). Ongelukkig gaan baie mense té laat agterkom dat die breë en aangename pad waarop hulle was, die verkeerde pad was!

Bostaande is uittreksels uit die boek 5 VOOR MIDDERNAG? wat NOU beskikbaar is! Hierdie boek bied ‘n voëlvlug-oorsig oor die menslike geskiedenis, van die skepping tot die voleinding van die huidige bestel.
Gebeure in die geskiedenis, sowel as profesieë wat nog tot vervulling moet kom, val soos legkaartstukke in plek. Die outeurs van hierdie boek is dr. Japie en Huegene Venter, uitgewers van “Goeie Nuus”/ “Good News”. Ons bied 5 VOOR MIDDERNAG? aan u teen die onoortreflike prys van slegs R100!

Vir enige navrae, skakel ons by 018 293 1996 of 074 254 2319, of vul die bestelvorm hierbo in en pos aan:
Goeie Nuus, Posbus 1957, Potchefstroom, 2520.

Indeks     Index