WY JOU LEWE AAN DIE HERE TERWYL JY JONK IS | |
  |
Om jou lewe aan die Here te wy terwyl jy nog jonk is, is baie wys en die regte begin. Dit laat my dink aan ‘n hemp wat vasgeknoop word. Baie keer kom jy by die laaste knoopsgat en dan is daar nog ‘n knoop oor. Wat is die fout? Jy het verkeerd begin! So is dit wanneer jy wag totdat jy eers oud geword het voordat jy jou lewe aan Jesus oorgee. Jesus nooi juis die kinders om na Hom te kom. Jy is dus nie te jonk om ‘n navolger van Jesus te wees nie. Neem vandag nog ‘n besluit om Jesus die eerste plek in jou lewe te gee, en maak ‘n goeie begin. Moenie toelaat dat jy eers oud word en dan hierdie besluit neem nie. Net soos die hemp wat jy van die begin af reg moet vasmaak, is dit belangrik dat jy ook op ‘n vroeë stadium in jou lewe ‘n regte “begin” moet hê. Hierdie begin is ‘n nuwe “geboorte” wat ons wedergeboorte noem, want deur Jesus in jou lewe toe te laat, word jy ‘n nuwe mens en is Jesus nou die Bestuurder van jou lewe. - Oorgeneem |