GOD AAN DIE WERK IN ALGERIë
  Die Here Jesus het verskyn aan 'n jong meisie (15) wat baie siek was in 'n hospitaal. Sy het nie geweet dat dit Jesus was nie en was verskrik toe Hy met haar praat en sê: “Dit is Ek, die Here en Redder van die wêreld. Ek sal jou nie verlaat nie!”
Die volgende paar maande het haar siekte vererger en baie mense het bloed vir haar geskenk, maar dit het niks gehelp nie. Haar liggaam het dit elke keer verwerp. Die dokters het 'n sekere geneesmiddel aan-beveel, maar dit sou haar familie 4 000 euro's kos. Toe die familie sê dat hulle dit nie kon bekostig nie, het die dokter gereël dat hulle dit gratis kon kry. Weer was daar hoop. Ongelukkig het haar gesondheid kwalik verbeter. Die geneesmiddel was hulle laaste uitweg - altans dit is wat hulle gedink het.
Die jong meisie se liggaam het opgeswel en die dokter het die familie meegedeel dat sy nog net 24 uur gehad het om te leef. Inderdaad, na 24 uur is sy dood. Die familie was baie hartseer en het reëlings vir die begrafnis begin tref. Een van die familielede het by die liggaam gebly. Skielik het die meisie se liggaam beweeg. Hy het die dokter gaan roep en hom vertel wat hy gesien het, maar die dokter het nie eens die moeite gedoen om te gaan kyk nie. Hy het gedink die familielid het hom dit verbeel omdat hy dit moeilik gevind het om te aanvaar dat sy dood is. Die geskokte familielid het egter volgehou dat hy dit regtig gesien het en die dokter het nie 'n ander keuse gehad as om saam met hom na die meisie se bed te gaan nie. Sy het inderdaad beweeg en hy het sy kollegas gaan roep om die wonder-werk te aanskou! Die meisie het wakker geword en die dokters het om haar gestaan om te sien of sy werklik ontwaak het. JESUS het die jongmeisie gered toe medisyne nie kon nie! Almal was verbaas oor die almag van die Here. Na haar algehele herstel het die dokters en sy kollegas haar gevra om na die hospitaal terug te kom om hierdie wonderwerk van genesing deur die Groot Genees-heer te kom vier!
Plaaslike Christene in Algerië getuig van merkwaardige voor-valle waar die Here tussenbeide tree en Hom aan die verlorenes openbaar. Dit bewys dat Jesus leef en spoor ons aan om te bid vir Christene in vervolgde lande wie se taak dit is om as mentors vir hierdie nuwe gelowiges op te tree en hulle vrae te beantwoord.
[Uit: Geopende Deure, Mei 2010].

Indeks     Index