GETSEMANE | |
  |
Ingestuur deur Tannie Bettie Ek kom daar in Getsémané, en roerloos bly ek staan. Dit wat ek sien, kan ek nie glo, want alles lyk vergaan! Wat soek ék in Getsémané? Het ek gewonder en gevra. Niemand is daar om my te ontmoet, en eensaam staan en daar. Ek gaan toe in en aanskou hoe verlate en koud dit is. Steeds is ek alleen, niemand is van my bewus. Die eensaamheid is roerend sterk. Al wat ek opmerk, is ‘n klip eenkant waar ek gaan kniel Want ek smag na Sy liefde in my siel. In die lyding en kastyding van sielesmart en pyn Wis ek skielik ek is nie méér alleen... Want Jesus Sélf is op dié plek! Sy liefde dring deur ook na mư siel Toe ek bang in Getsémané kniel. My pyn en smart só swaar om te dra, Vra ek van Jesus groot gena’. Hy sê vir my ek moenie vrees, Want Hy sal altyd by my wees. My las verlig, al is dit swaar. Die ergste pyn sal Hy my spaar, Want Hy het klaar vir my geboet. Sy liggaam geoffer - séér en só vol bloed! Verbrysel het hul Hom gehang; Daarom sê Hy: “Wees nie bang!” |