RED DIE SWERWENDE SWAELTJIES | |
  |
![]() Die bus wat buitelandse toeriste vervoer het, het deur die donker gesny op die 10-laan hoofweg. Almal, die busbestuurder en die toergidse inkluis, was uitgeput na die lang dag se rondrits na verskeie toeriste-aantreklikhede in Noord-Korea. Die busbestuurder het skielik gerem en almal het wawyd wakker geskrik. Reg voor die bus het 'n meisie gestaan - bewegingloos. Haar klere was verslete, haar gesig vuil en sy het 'n verwese kyk in haar oë gehad. Sy kon nege jaar oud gewees het, maar 'n mens kon nie regtig sê nie. Weens ernstige wanvoeding is Noord-Koreaanse kinders dikwels klein en dwergagtig. Die busbestuurder het uitgeklim, die meisie sagkens oor die hoof-weg gelei, teruggestap na die bus en weer agter die stuurwiel ingeskuif. Hy en die gidse het hartseer uitdrukkings uitgeruil, maar nie gepraat nie. Die bus het stadig weggetrek en die toeriste en regeringsamptenare terug-geneem na hul hotel. Waarom het die kind so laat oor die hoofweg gestap? Waarom het sy nie uit die pad gespring toe die bus haar amper raakgery het nie? Want hierdie dogtertjie was 'n kotjebi, ‘n Noord-Koreaanse woord vir “swerwende swaeltjie”. Dit is die snedige term wat die Noord-Koreane gebruik wanneer hulle na straatkinders verwys. Hulle word beskou as die para-siete van die samelewing. Hongersnood, siektes, arrestasies en moorde het miljoene Noord-Koreaanse families vernietig. Kinders wat hul ouers verloor, het dikwels geen heen-kome nie. Dus word hulle na weeshuise of kinderaanhoudingsplekke gestuur. Indien hulle aan hulself oorgelaat word, probeer hulle op straat oorleef. Hulle vorm dikwels bendes wat saam bedel vir kos of bloot net steel om te oorleef. Die Noord-Koreaanse ondergrondse gelowiges worstel met hoe en wanneer hulle hul geloof met hul kinders kan deel, veral gedurende hierdie neerdrukkende omstandighede. “My ouers het gedoen wat baie Christen-ouers steeds doen,” het Pastor Lee Joo-Chan verduidelik. Hy is 'n vlugteling wat onder Noord-Koreane in China werk. “Hulle het Bybelverhale vertel, maar het woorde soos Bybel, God, Jesus en Israel uitgelos. Hulle het my vertel van die man wat op die berg was en twee kliptafels met tien reëls uit die hemel (lug) ontvang het. Toe het hulle gesê dat ek my naaste moet liefhê soos myself. Ek het geweet dat my ouers anders was as ander ouers. Ander ouers was streng en bitsig, maar my ouers was liefde-vol en het omgesien na ander, selfs na die kotjebi’s. Lee was 32 toe hy na China gevlug het en sy moeder het 'n jaar later gevolg. Toe sy in China gekom het, het sy vir die eerste keer vrymoedigheid gehad om die Evangelie met haar seun te deel en aan hom te verduidelik dat sy 'n Christen is. Selfs hulpbehoewende klein kotjebi’s wat met die Evangelie bereik word, kan uiteindelik ook die prys betaal wanneer hulle kies om hul geloof in Jesus te plaas en nie in die Noord-Koreaanse leiers wat verafgod word nie. 11-jarige Jong-Cheol is een só 'n kind wat na China gevlug het enkele dae voordat die grense met erns bewaak is. Geopende Deure kon hom van kos en skuiling voorsien deur hom by 'n Christen-gesin te plaas en hulle het die Evangelie met hom gedeel. Terwyl Jong-Cheol eendag saam met ander Noord-Koreaanse kinders by 'n hotel, wat dikwels deur Suid-Koreaanse besigheids-mans besoek word, gebedel het, is Jong-Cheol en sy vriende gevang en teruggestuur na Noord-Korea. Hulle is geslaan en ondervra in Noord-Korea. Nadat die meeste van hulle vrygelaat is, het een kind weer na China gevlug en vir 'n Geopende Deure mede-werker vertel van die voorval. “Toe die wagte gevra het of ons Christene geword het in China, het Jong-Cheol dit nie ontken nie”, het die seun vertel. “So wat het met hom gebeur?” het die man gevra. Na 'n teësinnige stilte het die seun geantwoord, “Jong-Cheol het nie oorleef nie. Hy het sy lewe vir Jesus neer-gelê.” [Geopende Deure, Julie 2011]. Is ons bereid om ons lewens vir Jesus af te lê? Sal ons Hom bely te midde van vervolging en beledig-ing? Sal ons elke dag ons kruis opneem en Hom volg, waar Hy ook al lei? - Redaksie |