DIE HERE IS GOED! | |
  |
Vandag wil ons graag die Here eer vir al Sy seëninge. Die Kerk van die Nasare-ner, Agapé-gemeente, is hierdie jaar 63 jaar oud. Hoewel ons oorvloedig deur die Here geseën is, staar uitdagings ons ook in die gesig. Dinge soos instandhouding. Vir langer as ? jaar vertrou ons die Here vir ? wonderwerk op hierdie gebied. Dit is nou besig om plaas te vind! Die Here het aan ons ? wonder-like belofte gegee: “Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ? hoopvolle toekoms te gee” (Jeremia 29:11). Ons het die kerkgebou in die Here se Hande gegee en gesê: “Here daar is nie geld vir opknappingswerk nie. Ons gee dit aan U oor en vertrou dat U sal voorsien.” Ons het Hebreërs 11:1 ter harte geneem: “Die geloof dan is ? vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ? bewys van die dinge wat ons nie sien nie.” Kort daarna het die Here mense oor ons pad gebring wat daarop aangedring het om betrokke te raak met die verf van die palissadeheining asook die herstel en verf van die pastorie. Ons gee al die eer aan die Here! Die kerkgebou is intussen ook geverf én ons het nuwe gordyne wat hang sowel as nuwe klank-toerusting. Daar is ook stene aan ons geskenk om vir ons skool-personeel afdakke op te rig. Ons wil u aanmoedig om God te vertrou en Hom eerste te stel in al u doen en late - en u sal die vrugte kan pluk. Matteus 6:33 lui: “Soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid en al hierdie dinge sal vir julle by gevoeg word.” Dit is só waar! - Ds. Daniel Grové (018) 294-5611 of 082 475 9202. |