|
U wat my so goed ken, weet presies hoeveel emosies daar binne-in my stoei. U ken my verlede en hede en U weet reeds wat al my môres inhou. Help my om my lewe onvoorwaardelik in U hande te plaas en U dan volkome daarmee te vertrou. Wees asseblief my Padwyser as ek verdwaal, my Leidsman wanneer ek antwoorde soek, my Trooster as my hart wil breek, my Hemelse Geneesheer in tye van siekte, my Krag as ek steiltes moet klim, my Moed as ek hoop begin verloor, my Lig as dinge donker om my raak en my Vreugde as ongeluk my wil oorweldig. Hier's my lewe, sluit U groot hand van genade en seën saggies om my brose menswees en loop die pad saam met my tree vir tree… totdat ek eendag vir altyd tuiskom by U… - Oorgeneem
|