'N VRIEND VAN GOD
  “Met my hele hart wil ek U prys, Here, wil ek van U magtige reddingsdade vertel” (Psalm 9:2).
In plaas daarvan om met God nét oor ons probleme te praat, moet ons met Hom oor HOM praat. Ons moet met Hom praat oor Wie Hy is, oor die krag van Sy Naam, die krag van die bloed van Sy Seun Jesus en oor die groot dinge wat ons weet Hy kan verrig en reeds verrig het.
Nadat ons Hom op dié manier geprys en aanbid het, kan ons begin om ons probleme te noem. Ek sou nie daarvan gehou het as my kinders net met my kom praat wanneer hulle probleme het nie - ek wil graag hê dat hulle gedurigdeur met my moet kommunikeer.
Ek kan aan 'n hele paar mense dink wat my net bel wanneer hulle probleme het en dit maak my seer. Ek voel dat hulle nie werklik vir my omgee nie, maar my net wil gebruik wanneer hulle wil hê dat ek iets vir hulle moet doen. Ek is seker jy het dit ook al ondervind en dat jy net soos ek oor hierdie saak voel. Hierdie mense noem hulself my vriende, maar in werklikheid is hulle dit nie!
Vriende is daar vir moeilike tye, maar dit is nie al waarvoor hulle daar is nie. As vriend moet ons waar-dering toon en tyd maak om hulle met wie ons in 'n verhouding is, te bemoedig. Ons moet nie die soort mense wees wat ek 'nemers' noem nie. Hulle neem net en gee nooit nie.
Ek wil God se vriend wees. Hy het Abraham Sy vriend genoem en ek wil hê Hy moet my óók Sy vriend noem. Die Here is nie net my probleem-oplosser nie; Hy is álles vir my en ek waardeer Hom meer as wat ek in woorde kan sê!
[Uit: 'n nuwe DAG 'n nuwe JY, Joyce Meyer, Struik Christelike Boeke, 2008].

Indeks     Index