DIE DONKIE-OPPASSER
  Die donkies is weg! Die pa stuur sy seun om hulle te gaan soek. In die tyd waarin Saul geleef het, was die besit van donkies baie belang-rik. Hierdie diere is gebruik as vervoermiddel, as pakdiere om vrag te vervoer en as trekdiere. Soms net om op te ry.

Toe die donkies wegraak, was dit vir hierdie gesin 'n ramp. Dit was amper soos wanneer ons dringend iewers moet heen-gaan en die motor is stukkend!

Saul en sy dienaar het oral gesoek en niks gevind nie. Na wie toe kon hulle gaan? Die dienaar antwoord: "Maar kyk, in hierdie stad is 'n man van God, en die man is geëerd: alles wat hy spreek, kom seker-lik uit; laat ons nou daarheen gaan; miskien kan hy ons inlig oor die tog wat ons onderneem het (1 Samuel 9:6).

God gebruik egter dié ver-leentheid om met Saul te ontmoet. Hy moet na Rama toe waar Samuel is - na die Hoogte.

Soms is ons vandag só besig met dinge in die Laagte dat ons nie by die Hoogte uitkom om God se Stem te hoor nie... Dan gryp Hy in en bring ons na die Hoogte toe. Alléén met Hom, terwyl alles rondom ons vergete raak. En terwyl ons besig is om met Hom te verkeer, sal ons vind dat Hy sommer ook die probleme wat ons in die Laagte ondervind het, opgelos het.

Samuel was God se spreek-buis in daardie dae en het vir Saul gesê: "En wat die esels betref wat jy vandag al drie dae gelede vermis het - bekommer jou daar nie oor nie, want hulle is gevind. Maar aan wie behoort al wat begeerlik is in Israel? Is dit nie aan jou en jou hele familie nie?" (1 Sam. 9:20).

In die Laagte moes Saul donkies soek. Op die Hoogte het hy die geheim ontdek om te hoor hoe God met 'n mens praat. En toe God met hom praat, kom hy in 'n nuwe dimensie van wandel met God en werk vir Hom. Saul hoef nou nie meer oor donkies besorgd te wees nie; Samuel lig hom in dat hy oor die hele volk gaan regeer en sorg dra vir hulle!

God werk vandag nog steeds op soortgelyke wyse met Sy diensknegte. Ons word ver-hoog van donkie-oppassers tot volk-oppassers. Ons word na die Hoogte geneem. 'n Nuwe dimensie breek aan. Dit wat vir ons smart, pyn en lyding veroorsaak het, dryf ons na die Hoogte toe en bring vreugde en vervulling!

Vind ję ook vervulling in wat jy doen? Of het jy nog nie jou lewensroeping gevind nie? Dalk het jy ook soos Saul nog nie die “donkies” waarna jy so naarstiglik soek, gevind nie. Wat is jou lewensdoel op aarde? Laat jou desperaatheid toe om jou na die Hoogte (na God) te bring.

Ons "Hoogte" beteken "Kom 'n bietjie eenkant met God. Soek God in afsondering in jou binnekamer." Dan sal jy Sy Stem hoor, want die Skepper van die heelal is ook die Skepper van jou lewensdoel op aarde. Kom uit die donkerte van die valleie, uit jou krisisse. Kom na die Hoogte toe. Dáár sal jy perspektief verkry en uitvind: Nie dít wat vir die mens belangrik is, is altyd vir God ewe belangrik nie.

In die lig van die panoramiese kaleidoskoop op die Hoogte hoor en sien ons beter wan-neer ons met God ontmoet. Ons kry Sy perspektief. Op die Hoogte sal jy hoor, soos Samuel vir Saul gesê het: "Beveel die dienaar dat hy voor ons uit verder gaan... maar staan jy eers stil, dat ek jou die woord van God kan laat hoor." (1 Sam. 9:27).

Gaan nou na die Hoogte. Staan stil sodat jy lewensperspektief kan kry. Gee jou lewe oor aan God en Hy sal jou verhoog van 'n donkie-oppasser tot 'n volk-oppasser!
© Dr. JJ Venter

Indeks     Index