DIE CHRISTELIKE WEDLOOP |
|
![]() |
|
  |
Soos wat inspannende voorbereiding nodig is vir effek-tiewe deelname aan 'n wedloop, so moet ons ons ook inspan om regtig 'n Christelike lewe te lei. Sulke voorbereiding verg tyd, toewyding, energie, volgehoue inspanning en visie. Jy moet die voorneme hê om jou lewe in te rig soos wat God dit wil hê, en jy kan dit net doen as jy met die voorskrifte, wat in die Bybel opge-teken is, vertroud is: "'n Atleet wat aan 'n wedstryd deelneem, kan die prys wen slegs as hy volgens die reëls meeding" (2 Tim. 2:5 NV). "Weet julle nie dat atlete wat aan 'n wedloop deelneem, wel almal hard-loop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen. Almal wat aan 'n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om 'n verganklike oorwinnaars-kroon te verkry, maar ons 'n onverganklike. Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos 'n bokser wat nie in die lug slaan nie. Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie" (1 Kor. 9:24-27 NV). "Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie (1 Kor. 9:27 OV). Ontsê jouself baie dinge sodat jy jou beste kan lewer. Jy berei jouself voor vir die Wedloop van die Lewe! Hou jou oë op Jesus Christus, die Doelwit, en moenie jou aandag laat aftrek of jou spoed verminder nie. Hou vol daarmee, en die Here sal jou met die oorwinnaarsmedalje beloon! "Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus"(Filippense 3:13-14 NV). Span jou in om die Wedloop te voltooi. Om werklik as verloste te leef, verg ál jou energie. Jy kan jou losmaak van wat agter is en uithaal vir die wenpaal, want jy weet dat Christus ewige vreugde saam met Hom beloof aan die wat die wen-streep haal. "Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig enduit volgehou. Nou wag die oorwinnaarskroon vir my, die lewe by God. Op die dag dat Hy weer kom, sal die Here, die regverdige Regter, dit vir my gee, en nie net vir my nie, maar ook vir almal wat met verlange uitsien na Sy koms" (2 Timoteus 4:7-8 NV). Jy moet gelowig enduit volhou. Jy moet gewillig die Lewenswedloop waartoe God jou oproep, hard-loop. Jy moet jou inspan om die wenstreep te bereik en om gelowig enduit vol te hou. Vir elkeen wat dit doen, belowe Hy die oorwin-naarskroon, die Ewige Lewe by Hom. "Maar van onheilige en sinlose verdigsels moet jy wegbly. Oefen jou liewer om in toewyding aan God te lewe. Om jou liggaam te oefen, het wel 'n bietjie waarde, maar om in toewyding aan God te lewe, het in alle opsigte groot waarde, want dit bevat 'n belofte van lewe, vir nou en die toekoms. Dit is 'n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word. Met hierdie vooruit-sig span ons ons kragte in en stry ons, want ons het ons hoop op die lewende God gevestig, wat die Verlosser is van alle mense, van almal wat glo"(1 Tim. 4:7-10 NV). Oefen jou om in toewyding aan God te lewe. Net soos 'n mens met liggaamlike oefeninge moet volhou om jou liggaam fiks te kry, so moet jy ook met geestelike oefeninge volhou om geestelik fiks te word. As jy daarmee volhou, verdiep jou lewe as verloste, en jy rig jou lewe al meer in soos wat God dit wil hê. Dan sal jou lewe ook ander mense na Christus trek, en dit sal groot waarde vir jouself hê, in hierdie lewe en ook in die Lewe hierna! [Uit: DIE BYBEL IN PRAKTYK, CUM, 1993]. |