IN DIE LOOPGRAAF...

  Op die aand van 27 Maart 2016, na Paassondag se kerkdienste, het Pakistanigesinne in parke en speelgronde byeengekom om te kuier. Maar in plaas van 'n tyd om saam met familie te ontspan, het die aand in 'n tragedie verander toe selfmoordbom-aanvallers Iqbalpark aangeval het en ten minste 74 mense gedood het - meestal vroue en kinders - en meer as 300 ander beseer het. Sommige is onmiddellik dood, en ander het later aan hul beserings in die hospitaal beswyk.

"Dit was die dodelikste terroriste-aanval in die geskiedenis van Pandjab, Pakistan se digsbevolkte, en grootliks Christelike staat. Dit was ook die dodelikste terroriste-aanval in Pakistan sedert die 2014 massamoord op 134 skoolkinders by 'n Militêre Akademie in Pesjawar, in die noordweste van Pakistan."*

Maande later probeer Pakistani's steeds om die stukke van hul lewens op te tel... Laat ons ons broers en susters in Pakistan voortdurend onthou en bid dat God hul harte genees en hulle gedurende hierdie moeilike tyd versterk.

*World Watch Monitor. 'Pakistani Christians bury their dead after Easter massacre.'
(31 Maart 2016).
[Uit: Geopende Deure, Julie 2016].



Indeks     Index