'N MIDDELEUSE LEGENDE |
|
![]() |
|
  |
'n Ongelowige ridder het in sy verwaande, hemeltergende ongeloof besluit om die werklik-heid en die mag van die God Wie se bestaan hy geloën het, te toets deur die enigste middel wat hy as ridder geken het. Gewapen soos vir 'n geveg, het hy na die veld gegaan en sy hand-skoen uitdagend op die grond neergewerp, terwyl hy opkyk na die hemel en uitroep: "God - as daar 'n God is - ek daag U nou hier uit tot 'n stryd om lewe en dood! As U waarlik bestaan, openbaar dan U mag waarop U soge-naamde priesters so baie roem." Terwyl hy nog praat, val sy oog op 'n stuk perkament wat in die lug bokant sy kop ronddwarrel. Dan val dit voor sy voete neer. Hy buk en tel dit op en lees die volgende woorde daarop: "God is Liefde!" Oorweldig deur hierdie onver-wagte antwoord op sy uitdaging, breek hy sy swaard stukkend as teken van oorgawe, kniel op die stukke daarvan neer en wy sy lewe voortaan aan die diens van hierdie God wat hy kort tevore nog uitgedaag het. Vandag is God se enigste antwoord op die uittarting van Sy vyande, op die hoontaal van die spotters, op die uitdaging van die ongelowiges, nog steeds: GOD IS LIEFDE! [Wegwyser na die Ewigheid, Saamgestel deur Timo Kriel, CUM, 1971]. |