VERGENOEGDHEID

 
Die klingende nikkel
word die klinkende simbaal
van die onsubstansiële.
'n Vlietende hersenskim
van vals beloftes,
onversadigbare verslawing
wat altyd méér eis,
die oomblikke van saamwees-genot verloën.
Dié stoflike oorskot en ooraanbod
is 'n skreiende, nypende sielstekort
wat lewe blus op pad na die
onbereikbare...

Maar wanneer die kadense tussen sekondes
gevul word met lewenskragtige tevrede-dankbaarheid
is die vrede tasbaar,
die landskap diep-skoon,
en die rus 'n
onafweegbare
sielewins!

© C Venter

Indeks     Index