WIE IS EK IN CHRISTUS JESUS? |
|
  |
Ek staan nie meer onder veroordeling nie, want my sonde is afgewas en ek is in Christus Jesus: Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees (Romeine 8:1). Ek is 'n kind van God: Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in Sy Naam glo (Johannes 1:12). Ek is 'n nuwe mens: Die ou dinge en die ou mens het verbygegaan. Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword (2 Korinthiërs 5:17). Ek het die ewige lewe: Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here (Romeine 6:23). Ek is 'n mede-erfgenaam saam met Christus en daarom deel ek saam met Hom in die volheid van Sy erfenis: Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan Sy lyding, sal ons ook deel hê aan Sy heerlikheid (Romeine 8:16-17). Ek is 'n tempel, die woonplek van God. Sy Gees en Sy lewe woon in my: Weet julle nie dat julle 'n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? (1 Korinthiërs 3:16). Ek is versoen met God en is 'n medewerker in die bediening van versoening: Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou (2 Korinthiërs 5:18). Ek is die sout van die aarde: Julle is die sout van die aarde (Mattheus 5:13). Ek is die lig vir die wêreld: Julle is die lig van die wêreld (Mattheus 5:14). Ek is deel van en ingeplant in die Ware Wynstok. Ek is 'n kanaal waar-deur die lewe van Christus vloei: Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie (Johannes 15:5). Ek is 'n vriend van Christus: Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het (Johannes 15:15). Ek is deur Jesus Christus uitgekies en aangestel om geestelike vrug te dra, vrug wat sal bly: Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in My Naam vra, Hy julle dit kan gee (Johannes 15:16). Ek is nie meer 'n slaaf van sonde nie, maar 'n slaaf van God wat die wil van God doen: Ons dank God dat julle van die sonde vrygemaak is en slawe van God geword het wat Sy wil doen (Romeine 6:18). |