ONS STEL BEKEND...
Die Gemeentes van Christus Potchefstroom
  Die Gemeentes van Christus het sy ontstaan in 1945. Ons roeping as Kerk is om in gehoorsaamheid aan God, ons enigste Verlosser en Saligmaker, uitvoering te gee aan Sy Woord en aan die groot gebod wat opgeteken is in Matt.22:37-40: "Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand...Jy moet jou naaste liefhê soos jouself." Die groot opdrag wat ons opgelê is in Matt. 28:19: "Gaan dan heen, maak dissipels van al die Past. Jansen van Rensburg
  nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het" dring ons om 'n doelgedrewe Kerk te wees wat funksioneer soos die Nuwe Testamentiese Kerk gefunksioneer het. Daarom fokus ons op die volgende:
Uitreiking na die gemeenskap van Potchefstroom en omgewing deur die Woord van God te bring aan almal wat bemoediging nodig het en die Here Jesus Christus deel van hulle lewe wil maak. Ons glo in die God van die Bybel (ou vertaling) wat Homself geopenbaar het as Vader, Seun en Heilige Gees, asook in die maagdelike geboorte en Godheid van Jesus Christus die Here, sowel as Sy Kruisdood, Opstanding, Hemelvaart en Wederkoms. Elim Gemeente Gemeenskapsbediening is 'n nie-winsgewende bediening wat bestaan uit professionele en vrywillige werkers, wat strewe om aktiwiteite te inisieer, te organiseer en te ondersteun ten einde die behoeftiges, lydendes, verwaarloosdes en siekes in die gemeenskap op te hef en te ondersteun.
Die Gemeente se uitreik-aksiespan bied ondersteuning aan almal in hospitale, kinderhuise en ander inrigtings sowel as tuis.
Die hoogtepunte in ons gemeente is wanneer ons Woensdae, Vrydae en Sondae gedurende eredienste, selkerk en ander samekomste in die Teenwoordigheid van God kan verkeer om aan Hom al die eer, lof en aanbidding te bring. Past. André en suster Irma Jansen van Rensburg bedien die gemeente die afgelope 1½ jaar onder leiding van die Heilige Gees. Hulle visie is om in dissipelskap en in die leer van God te volhard en deur diensbetoning ander kinders van God toe te rus sodat die Heilige Gees se bedieninge en genade-gawes tot dienswerk en tot eer van God kan plaasvind. Elke mens is uniek na die Beeld van God geskape. Daarom is dit noodsaaklik dat elke lidmaat die verantwoordelikheid van sy bediening en roeping as wedergebore Christen ontdek en so sy maksimum potensiaal kan uitleef in Christus.
  Benewens ons eredienste en gemeenskapsdienste reik ons ook uit na jongmense. Ons maak hulle geestelik weerbaar deur Jeugaande aan te bied in die vorm van vermaak en opleiding, met die hoofdoel om hulle toe te rus met die Woord van God. Kinderkerk word elke Sondag vir voorskoolse en skoolgaande kinders aangebied tot voorbereiding van hulle verhouding Kerk
  met die Here. Sustersbidure word weekliks gehou en die gemeente het ook selkerke in Mooibank, Vyfhoek en die middedorp-omgewing.
Elim Gemeente bied opleiding aan voornemende studente aan die voet van die Magaliesberge. Ons rus hulle intellektueel, emosioneel en geestelik toe om te verseker dat elkeen groei tot volwassenheid in Jesus Christus. Ander byeenkomste soos Bybelstudies, seminare, berading, vrouekonferensies en jaarlikse gemeentekampe word gehou sodat ons in die Liggaam van Christus mekaar kan bedien en as lewende lidmate saam kan groei na die Beeld van Christus!

Indeks     Index