Mediaverklaring uitgereik deur RADIOKANSEL | |
  |
“Moenie worry nie, kyk wat doen God” Garry Kieswetter, 'n bekende spreker van Pretoria, het op Saterdag, 22 Mei die boeregemeenskap van Hartbeesfontein in Noord-Wes provinsie toegespreek. Die oggend is deur ongeveer 150 mense bygewoon en niemand is onveranderd daar weg nie. Garry het op sy humoristiese wyse geïllustreer dat 'n mens alle bekommernisse op Hom moet werp, want Hy sorg vir ons. (1 Petrus 5:7). Francois Botha, pianis, sanger, Radiokansel-omroeper en vele meer, het almal laat saam sing en ontdooi met sy kosbare optrede. Hy het sy Godgegewe talent gebruik om die gehoor behoorlik te bedien. Beide Garry en Francois is beskikbaar vir optredes landwyd. Die heerlike ete is deur die SAVF Hartbeesfontein voorgesit. SANLAM en LANDBOU WEEKBLAD was die hoofborge, gevolg deur Bayer en Oranje Toyota Klerksdorp. Daar was fantastiese pryse en elkeen wat die funksie bygewoon het, het 'n geskenkpak ontvang. Die organiseerder, Nelia vd Westhuyzen, bemarker van Radiokansel, beplan om die boeregemeenskapsete 'n jaarlikse instelling te maak. Sy kan by die volgende nommer gekontak word 084 580 4238. |