INTERESSANTE STATISTIEKE
  * Volgens 'n Kerknavorser, George Barna, leef slegs 65% van alle Amerikaners hulle geloof uit deur 'n plaaslike gemeente. Daar word beraam dat hierdie persentasie sal afneem tot 33% teen 2025.
* Kinderbediening bly die belangrikste fokus vir alle geloofsgroepe wêreldwyd.
* Mense wat tot bekering kom voor 13-jarige ouderdom, bly meestal Christene vir die res van hulle lewens. * Twee uit elke 3 gelowiges het besluit om Christus te volg voor hulle 18de verjaardag. Minder as een uit elke 4 gelowiges kom tot bekering na 21.
* Slegs 7% van gelowiges het tot bekering gekom as gevolg van 'n boodskap wat deur 'n prediker gebring is, of as gevolg van persoonlike bediening. Ander suksesvolle evangelisasie-metodes is die gebede van gelowiges (43%) en 'n leefstyl wat ongelowiges uitdaag om vrae te vra oor geloof (40%).
* Ongeveer 38% van alle Christene sal ongelowiges oor hulle geloof konfronteer, 27% nooi ongelowiges na evangelisasie-dienste en 19% versprei geestelike leesstof.
* Die gemiddelde gelowige volwassene spandeer meer tyd per jaar om na flieks te kyk as wat hulle in die kerk deurbring.
* Hedendaagse groeiende kerke funksioneer meestal onder leiding van spanleierskap. Vrywilligers en gelowiges in leierskapposisies maak 'n groot deel uit van die leierskapspanne van sg. “buite-die-boks” gemeentes. Daar is dus nie meer slegs amptelike leiers in leierskap nie.
Leiers binne hierdie omgewing word gekies volgens hulle effektiwiteit in toerusting, opleiding en mentorskap van ander gelowiges. Geestelike leierskap word dus nou 'n werkwoord, 'n doen-woord, en nie net meer 'n posisie van mag nie.
Stephan Joubert, (012) 997 1265 of e-pos: info@moreleta.co.za

Indeks     Index