EERLIKHEID | ||
  |
EERLIKHEID is van altyd af ’n skaars kommoditeit. Reeds in die tyd van die Griekse filosoof Diogenes was daar so min eerlike mense dat hy in ’n simboliese gebaar helder oordag met ’n lantern rondgeloop het. In sy ander hand was ’n plakkaat met die woorde: “Ek soek één eerlike mens”. “Maar as iemand regverdig is en reg en geregtigheid doen... in My insettinge wandel en My verordeninge onderhou om EERLIK te handel - hy is regverdig, hy sal sekerlik lewe, spreek die Here HERE” (Eseg. 18:5,9). |