“En julle het Hy lewend gemaak
wat dood was in julle sonde en misdade.”
Ons kan reeds die Ewige Lewe smaak,
hier en nou op hierdie gekneusde aarde.

Nie op grond van wat ek gedoen het nie,
dis enkel alleen net Hy.
Sy kosbare Bloed het my gered
So 'n groot offer van Jesus, gedoen vir my.

Nou is my lewe in Sy Hand
tussen ons is 'n kosbare band.
Nou kan ek immers vrugte dra
en in gehoorsaamheid doen wat Hy vra.

O, die Blydskap wat U gee
O, die Liefde en die Vree.
Dankie Jesus vir soveel -
U maak my gebroke hart weer heel!

Karen Oussoren

Indeks     Index