|
'n Nuwe lewensjaar het altyd 'n terug-kyk, 'n nou-kyk en 'n vorentoe-kyk! 'n Terug-kyk na hoogtepunte en laagtepunte, maar ook na oorvloedige genade wat ons Hemelse Vader in die tye toe ons dit die nodigste gehad het, geskenk het. 'n Nou-kyk om dankie te sê vir familie, vriende, gesondheid en gemeensaamheid van Jesus wat ons tot vandag gedra het. 'n Vorentoe-kyk wat wel onbe-kend is, maar waaroor ons ons nie hoef te bekommer nie, WANT ons Hemelse Vader, ons beste Vriend Jesus, en die Heilige Gees as Leidsman en Trooster stap elke sekonde saam met ons! - Mada |