TWINTIG!
  Dit is waar! Dit het nóú wérklik gebeur. “Goeie Nuus” / “Good News” gaan voortaan nog AGT bykomende dorpe met die goeie nuus - van Jesus se liefdesoffer en reddende genade vir elke mens - bedien!

Net soos wat Paulus in die nag 'n gesig gesien het dat daar 'n Macedoniër staan wat hom smeek en sê: “Kom oor na Macedonië en help ons!” (Handelinge 16:9), roep daar telkens uit ander dorpe stemme wat ons vra: “Gee die ‘Goeie Nuus’ asseblief ook in óns dorp uit!”

God ons Vader het gehoor en twee kosbare Christene aangespoor om ons te help om Wolmaransstad, Schweizer-Reneke, Koster, Derby, Viljoenskroon, Vredefort, Sannieshof en Biesiesvlei maandeliks te borg sodat ons hulle kan byvoeg tot ons verspreidingsgebied.

VANAF JUNIEMAAND WORD “GOEIE NUUS” / “GOOD NEWS” DUS NOU NA 20 DORPE VERSPREI!!!

Dit is 'n kosbare bewys van God se wonderbare liefde, genade en barmhartigheid wat net altyd meer en meer mense wil bereik, bemoedig en versterk. Ons gee al die eer aan Hom!

Liewe leser, indien u deur die Heilige Gees gelei word en voel dat u ook vir “Goeie Nuus” / ”Good News” wil ondersteun om nog méér dorpe te bereik, sal ons dit só waardeer indien u die debietordervorm op bladsy 12 sal invul en die bedrag wat u sak per maand pas, sal aandui, sodat die reddende en helende Woord van God net nog meer mense sal bereik.

Dit sal van u 'n deelgenoot maak van hierdie Media-bediening vir Christus Jesus.

“Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei. So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei. Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maar elkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang. Want ons is medewerkers van God” (1 Kor. 3:6-9a).

“Maar dink daaraan: wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai. Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief. En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk” (1 Kor. 9:6-8). U kan ons op twee maniere finansieel ondersteun:
1) U kan 'n debietorder (sien langsaan) van R30, R40, R50 of enige bedrag van u eie keuse ten bate van “Goeie Nuus” teken wat maandeliks verhaal sal word. Vul asb. die vorm in en pos dit aan Goeie Nuus, Posbus 1957, Potchefstroom, 2520.
2) U kan 'n bedrag in ons bankrekening inbetaal. Ons bankbesonderhede is soos volg:
Rekeningnaam:
MEDIA-SENDING
Bank: NEDBANK, Potchefstroom
Rekeningtipe:
Spaarrekening
Rekeningnommer: 2713412463
Takkode:
171-338
Baie dankie vir u getroue ondersteuning en gebede. Mag ons Vader God u ryklik seën!

Indeks     Index