UITSTEL IS GEVAARLIK!
  'n Belangrike Griekse magistraat, Archaïs, het eendag 'n feesmaal vir sy vriende voorgesit. Terwyl hulle besig was om vrolik fees te vier, kom 'n man na hom toe met 'n pakkie in sy hand. Binne-in die pakkie was daar 'n brief wat vermeld het dat daar 'n komplot teen Archaïs se lewe gesmee is en ook wie die persoon is wat hom wou doodmaak. Die boodskapper wat die pakkie gebring het, sê toe vir die magistraat: “My heer, die vriend wat hierdie pakkie stuur, laat weet dat u dit dadelik moet oopmaak. Dit bevat uiters dringende nuus.”
Maar Archaïs lag net en antwoord: “Alle dringende sake kan tot môre wag,” en hy sit die pakkie net daar neer. Dieselfde nag is Archaïs vermoor en die volgende dag was hy 'n verminkte lyk! As daar iets is wat ons moet doen, moet ons dit dadelik doen. Wie weet of ons môre, oormôre, of oor 'n uur nog sal lewe? Die gevaarlikste van alles is om uit te stel om JESUS as VERLOSSER aan te neem! Die Skrif verklaar: “Kyk, NOU is dit die tyd van welbehae, kyk NOU is dit die dag van verlossing” (2 Kor. 6:2).
- Oorgeneem

Indeks     Index