JESUS, HIER IS JIM
 

Ou Jim was 地 Amerikaanse Neger wat groot geword het sonder om ooit van Jesus te hoor. Hy het in 地 myn gewerk en toe hy al grys was, eendag verby 地 kerkie geloop waar die mense heerlik saamgesing het. Hy het ingestap en daar vir die eerste keer van Jesus gehoor en Hom toe gevra om sy sondes te vergewe en in sy hart in te kom. Van daardie dag af was daar 地 onbeskryflike vreugde en vrede in ou Jim se hart. Die volgende dag om twaalfuur, terwyl die ander etenstyd gehad het, het hy na die leë kerkie gegaan om te bid, want hy het gehoor dat die prediker gesê het as 地 mens bid, Jesus jou hoor. Toe hy egter wou bid, het hy besef dat hy nie weet hoe nie en al wat hy kon sê, was: "Jesus, hier is Jim!" In sy hart het hy 地 blydskap en vrede ervaar wat hom sommer weer nuwe krag gegee het om te gaan werk. So het dit vir weke aangehou totdat hy eendag baie siek geword het en in die mynhospitaal opgeneem is. Sy hart het baie seer geword as die ander mense in die saal so vloek en as hy hulle vermaan het, het hulle hom net uitgelag, of nog erger, gevloek. Toe breek twaalfuur aan en ou Jim kon nie na die kerkie toe gaan nie. Meteens sien hy 地 Man met besondere gelaatstrekke en liefdevolle oë wat met 地 glimlag sê: "Jim, hier is Jesus!" 地 Wonderlike gevoel van vrede en vreugde het van Jim besit geneem. So het dit elke dag gebeur en alhoewel die ander mense in die saal nie vir Jesus kon sien nie, het daar so 地 soete atmosfeer geheers dat van die mense in trane uitgebars het, hul sondes bely en Jesus as hulle Verlosser aangeneem het.
(Oorgeneem uit Rebos).

Indeks     Index