HE MAKES A WAY WHERE THERE IS NO WAY | |
  |
![]() Pastoor Pogisho Gilbert Ditlhobolo Van 23 Jan. 2000, die Here het vir ons hier op Bray geroep om vir Hom te werk. Dit was baie moeilik, my vrou Yvonne het nie gedink dat ons hier kan bly nie, maar Vader het gepraat, ons het nie keuse gehad nie. Ek los haar baie by die huis alleen, wat ons huur, en dan plase toe gestap - elke week! 27 June 2002 die Here praat met 'n kind van Hom wat gekom kuier het, en hy vra my: "Hoekom stap jy so ver om Evangelie te verkondig, hoekom die gemeente koop jou nie 'n fiets nie?" Ek sê: "Hulle het nie eens geld om my te sorg nie!" Toe gee Hy my hierdie wonderlike fiets. Ek noem hom "wonderwerking fiets". Ek het elke plaas ge besoek en die wonderwerke het gebeur. Die Heilige Gees het mense geraak en vir hulle ge verander en gesond gemaak. Die vyand werk baie hier by die Molopo. Altyd ek kry my vrou sy's baie siek, maar ek het nie op gehou nie, sy het my toegelaat dat ek vir die Here werk. Ek dank die Vader vir my pragtige vroutjie wat nie baie bekommer met geld nie, maar bekommer met mense, dat hulle na die Here kom. “Dankie Vonnie!" Dankie vir die jaar 2000, vir pastoor van Vryburg wat Evangelisasie team oop gemaak het. Hy help die pastore in sendingveld, hy gee hulle vlerke om te vlieg. Hulle het my gedra met gebede, tot ek sien en glo, die Here se Hand is by my, Hy het my geroep. Tosaca se gemeente begin saam met my te werk toe pastoor Myburg 2001 kom. Ons maak die great team, ek en pastor Myburg, om die kerk te laat beweeg. Ek het vir pastor Myburg my drome vertel, en ons het ge begin om kerk te bou. Twee sakke sement het ge begin om ons droom te fulfill. Agterna ek het nie geweet waar van af kom al die goete, die kappe, die sink. Die wonderwerk begin, ek dank die Here, die kerk het op gekom. Die kerk van ons is 6 x 18 m lank en wyd 180 - 200 sites. Elke Sondag en Woensdag is die kerkie vol. Ons nodag nog die stoele. As iemand kan help, hy kan my kontak met sel nr 082 846 0936. Alles wat gemaak is, is deur die genade van die Vader. Pastor Pogisho Gilbert en Kelebogile Yvonne Ditlhobolo (Sendelinge Bray Gemeente). (Brief onveranderd geplaas). [Onder leiding van Pastoor Gert Myburgh word 'n Sendingkerk op Bray gebou. Die jeug van Tosca stig 'n fietsryklub en noem hulself J.O.K. wat beteken, “Jesus, ons Koning”. Hulle pak 'n fietsrytog aan na Klerksdorp, Stilfontein, Dominionville, Leeuwdoringstad en Wolmaransstad, om geld in te samel vir die kerk. Die jeug van Bray het met 'n donkiekar, sonder donkies, die sand uit die rivier aangery en die gemeentebroers het die stene self gemaak! Al die eer kom die Here toe! Die kerk is gebou en word DV binnekort ingewy - Pastoor Gert Myburgh, Tosca]. |