GOD SE INGRYPING! | ||
  |
Ons wil net vir ons Hemelse Vader BAIE DANKIE sê vir die wonderwerk wat Hy vir ons gedoen het op 8 Feb. 2009.
Ons het einde Jan. 2009 aansoek gedoen om 'n doopdiens te hou in die gevangenis. Sover my kennis strek, is daar nog nooit so 'n groot een in die gevangenis gehou nie. Die eerste week gedurende Feb. is vir ons gesê dat daar geen probleme voorsien word met die hou van die diens nie. Van die personeel neem toe ook die opblaas-swembad waarin die mense gedoop sou word, in ontvangs. Hierna moes ons telkens hoor dat daar nog nie finaal toestemming gegee is nie. Op Saterdagmiddag, 7 Feb., verneem ons dat daar net 4 of 5 persone gedoop mag word, omdat die papierwerk nog nie reg is aan die kant van die gevangenis nie. Elke persoon wat gedoop wil word, moet eers registreer by sy/haar spesifieke kerk en dit moet 'n geregistreerde kerk wees. Dan moet elkeen nog 'n verslag inhandig. Ons werk onder die naam United Pentecostal Churches om almal te akkommodeer en is nie 'n geregistreerde kerk nie. Baie van die mense wil nie van kerk verander nie, hulle wil hul slegs laat doop soos die Bybel sê, deur onderdompeling. Baie dankie aan pastoor Du Plessis van die Herlewing-sentrum, Klerksdorp wat ons dadelik te hulp gekom het met die administratiewe sy van sake. Van ons donateurs van Hartswater en Vryburg het ons ook kom ondersteun op Sondag 8 Feb. Sondagoggend praat ek met die hoof by die gevangenis en hy sê dat net die mense wie se papierwerk reg is, gedoop kan word. 'n Vriendin SMS my en ek sê vir haar van die probleem wat ons ondervind. Sy sê toe: “Ons bid dat hierdie papierwerk geen probleem meer is nie”. Lede van ons Bediening gebruik hierna almal saam Nagmaal en die Kapelaan sê nogal: “Dit is 'n oorwinningsmaal”. Na vele beraadslaging wat geweldig baie tyd in beslag geneem het en selfs 'n plekverskuiwing teweeggebring het van waar die diens gehou moes word, het die hoof net voor twaalfuur gekom en gesê dat almal gedoop mag word. Hy het ook die swembad aan die mans oorhandig. Niemand weet wat gebeur het nie, maar al 200 mense is gedoop! Ons weet dit was 'n ingryping van God, ons Vader en ons gee aan Hom al die eer! Lazarus Bedieninge / Ministries Stilfontein 018 484 2694 082 728 3211 |