GOD DOEN VANDAG NOG WONDERWERKE
 

Op 2 Desember 2007 het 'n drie-en-'n-halfjarige dogtertjie, Zandile, per ongeluk ongeveer 250 ml Jik (bleikmiddel) gedrink. Sy is inderhaas na die Potchefstroom Hospitaal gebring. Sy het in 'n koma verval en is in die Intensiewe Sorgeenheid opgeneem. Haar toestand het daagliks versleg. Haar oë was vir 2 weke pal oop en sy het net voor haar uitgestaar.
Nadat daar vir die dogtertjie deur gebed ingetree is, het Zandile se ooglede toegegaan, maar sy was steeds in 'n koma. Met Lenah (haar ma) se daaglikse besoeke, het die Hospitaalpersoneel aan Lenah gevra om toestemming te gee dat hulle die masjiene afskakel omdat daar vir haar geen hoop is nie.
Sy het my telkemale geskakel om te hoor of sy moet teken en toestemming gee of nie, waar-op ek vir haar gesê het: “As die Here jou kind wil neem, sal dit gebeur sonder jou toestemming, maar as sy bly lewe, sal dit tot heerlikheid van God wees”.
Zandile is twee weke later oorgeplaas na die Intensiewe Sorgeenheid in Klerksdorp, maar haar toestand het daar ook daagliks versleg. Weer het die personeel van die hospitaal haar gevra om toestemming te gee dat die masjiene afgeskakel moet word. Sy het my weer eens gevra wat sy moet doen en my antwoord was dieselfde.
Gedurende die eerste week in Januarie 2008, is Zandile oorgeplaas na die Intensiewe Sorgeenheid van die Chris Hani Baragwanath Hospitaal. Haar toestand het nog verder versleg en sy was steeds in 'n koma. Haar vel het donkerder verkleur van die vergiftiging. Die gebeurtenis het haar mam-mie, 'n enkelouer liggaamlik, geestelik en finansieel uitgeput, en daar was vir haar geen inkomste meer om haar kindjie wat kilometers ver was, te besoek nie.
Sy is later deur haar bestuurderes aangesê om terug te kom werk toe sodat sy besig kon bly en ook 'n inkomste kon verdien om haar kind weer te gaan besoek en haar verpligtinge na te kom.
Lenah het op die 24ste Janu-arie 2008 weer begin werk en haar kindjie was steeds in 'n koma. Op Saterdag 26 Januarie het sy opgestaan met 'n knie wat baie pynlik was. Sy kon skaars loop. Ek het vir haar gesê sy moet stoorkamer toe gaan, sodat ek vir haar kan bid. Lenah het gekom, die verband afgehaal en ek het vir haar gebid. Sy het onder die krag van die Heilige Gees gekom, en toe sy later regop gesit het, het sy verskriklik gehuil. Sy het vir my gesê dat terwyl sy gelê het, sy 'n visioen gehad van twee engele wat weerskante van haar kind loop en hulle het haar kind se hande vasgehou en na haar toe aangestap gekom. Die kind en die engele het vir haar geglimlag. Sy het 'n beskrywing van die engele gegee en ek het vir haar gesê dat die Here haar kind genees het.
Op Sondag 27 Januarie 2008, ongeveer sesuur die oggend, het Lenah 'n stem in haar ore gehoor wat gesê het, “vandag gaan jy goeie nuus hoor”. Sy het vinnig klaargemaak en werk toe gegaan.
Net toe sy by die werk kom, het 'n suster van die Chris Hani Baragwanath Hospitaal geskakel en Lenah die goeie nuus meegedeel dat haar kind uit die koma is en sy huil en vra na haar mamma. Intussen het Lenah se knie ook heeltemal genees.
Op Maandag 28 Januarie het die hospitaal weer geskakel en gesê Zandile is uit die Inten-siewe Sorgeenheid en speel met al die kinders in die saal. Sy is nog vir 3 weke onder observasie gehou en toetse is gedoen om seker te dat sy geen newe-effekte van die paar weke se koma oorgehou het nie. Sedert daardie dag hoor Lenah daagliks die Stem van die Here wat met haar praat. Dit is baie duidelik dat die Here omgee en medelye met ons swak mense het. Al die eer en heerlikheid kom Hom toe!!! Baie ander wonderwerke en genesings het gevolg na die gebeure met Lenah en Zandile. Enige persoon is welkom om my te skakel vir bediening. (Skakel Susan by 082 443 4541).

Indeks     Index