LAASTE WOORDE...
  VICTOR HUGO het aan die einde van sy lewe gesê: "Winter is on my head, but eternal spring is in my heart. The nearer I approach the end, the plainer I hear around me the immortal symphonies which invite me."

DAVID HUME was 'n bekende ateïs, filosoof en historikus wat uit sy pad gegaan het om die Christelike geloof in diskrediet te bring. Selfs toe dit duidelik word dat sy einde nader kom, het hy probeer om voor sy vriende 'n front van onver-skilligheid voor te hou.
Sy huishoudster het egter vertel dat sy sielswroeginge al erger afmetings aangeneem het. Hy wou nie alleen wees nie, kerse mag nie in die nag doodgeblaas word nie en hy het onrustig geslaap.
Die selfverwyt en vrees op sy gesig het toegeneem soos die dood nadergekom het. Hy was sonder God en sonder hoop. Sy wanhoop was 'n verskriklike gesig. Sy laaste woorde voordat hy sy bewussyn verloor het, was: "I am in the flames!"

CAESAR BORGIA, 'n staats-man, het aan die einde van sy aardse pad gesê wat so baie ander sekerlik ook al moes sê: "I have made provision for every-thing during my lifetime - only not for death; and now I must die totally unprepared!"

HEINRICH HEINE, 'n digter en skrywer van liedere, was bekend as groot skeptikus en Godslasteraar, maar het later in sy lewe genadiglik tot inkeer gekom. In 'n naskrif by 'n ver-sameling gedigte genaamd Romancero, het hy geskryf: "When you are on your deathbed, you become more sensitive and you would like to make peace with God and the world… Poems, that only contained halfway re-proaches against God, I delivered over to the flames in a fearful zeal. It is better that the verses burn than the verse maker… I returned to God as a prodigal son, after I fed the swine with the Hegelians for a long time… In the theology I have to accuse myself of retreating, because I returned to a 'personal God'."
Kort voor die einde het hy nog geskryf: "The old lyre has been smashed to pieces on the Rock which is called Christ. The lyre which clamoured for revolt, which sang forth doubt, mockery, and unfaithfulness to God. O Lord, O Lord, I bow myself down and beg: forgive, forgive me for my songs."

CHARLES IX van Frankryk het aan die einde gesê: "I am lost! I realise it clearly."

MOEDER TERESA was seker een van die bekendste Christene van die afgelope eeu. Toe hulle haar aan die einde van haar lewe verdowingsmiddels wou gee om haar ongemak en pyn te verlig, het sy geweier en gesê: "Ek wil wakker wees wanneer ek my God ontmoet."
Alhoewel daar na haar dood groot gewag gemaak is van sekere belydenisse wat sy aan die einde van haar lewe gemaak het oor haar eie onsekerheid en twyfel, was haar sterwenswoorde ondubbelsinnig: "Jesus, I love You. Jesus, I love You."

JOSEPH EVERETT het vir die laaste 25 minute voor hy sy asem uitgeblaas het, aanhoudend net een woord gesê: "Glory! Glory! Glory!..."
Dit moes iets baie wonderliks gewees het wat hy beleef het terwyl hy die dimensionele grens tussen lewe en dood oorgesteek het.

Seker een van die bekendste ateïste van alle tye en een van wie redelik volledige aantekeninge oor die laaste paar treë van sy lewensreis gemaak is, was VOLTAIRE (1694 - 1778).
Sommige beskou hom as 'n deïs, omdat hy wel ruimte gemaak het vir 'n opperwese wat op die rede, en nie op openbaring gebaseer is nie.
Hy was een van die grootste en venynigste teëstanders van die Christelike geloof en het selfs verder gegaan as sommige libe-rale teoloë van ons tyd deur die bestaan van die historiese Jesus te ontken en te beweer dat die Evangelies die produk van mense se verbeelding is.
Voltaire het nie geskroom om openlik met God te spot nie en gesê Hy is 'n komediant wat voor 'n gehoor optree wat te bang is om te lag. Hy het, soos andere na hom, voorspel dat die Christendom 'n verdwynende verskynsel is. Hy het o.a. gesê: "'n Honderd jaar na my tyd sal daar nie meer 'n Bybel op aarde wees nie, behalwe een wat dalk deur 'n persoon ontdek sal word wat na oudhede soek."
Sy sterfbed-ervarings is meege-bring deur 'n ernstige beroerte. Daar was berouvolle emosies en sielewroeging. Dan weer het hy sy tande in magtelose woede-uitbarstings teen God en mens gekners. Sy dood was 'n verskriklike gesig. Van sy agnostiese vriende het die deur van sy kamer bewaak sodat ander mense nie kon sien hoe grusaam die dood van 'n vyand van God is nie.
Selfs die verpleegsuster wat na hom moes omsien tydens sy laaste ure op aarde, kon die verskrikking van sy sterfbed kwalik hanteer. Sy het gesê: "Vir al die geld in Europa wil ek nie weer 'n ongelowige sien sterf nie!"
Deur die nag het hierdie hoogs-geleerde en intelligente man, VOLTAIRE, met al sy rykdom en baie aardse eer telkens in doodsangs uitgeroep: "Neem hierdie monster uit my kamer uit!" Was dit dalk die doods-engel wat gekom het om sy siel te eis? Tussendeur het hy geskreeu en gepleit om vergifnis. Toe die doodsangs hom versmoor, het hy in desperaatheid sy geneesheer, dr. Tronchin, gesmeek: "Ek sal jou die helfte van my goed gee, as jy my lewe met ses maande kan verleng." Toe die dokter vir hom sê dat hy ongelukkig niks meer vir hom kan doen nie, het hy verskrik uitgeroep: "Ek is deur God en mens verlaat! Ek gaan hel toe! O Christus! O Jesus Christus!"
[Uit: 5 MINUTE voor en ná die dood, Isak Burger, Carpe Diem Media, 2009].

Indeks     Index