'N WÊRELDWYE EKONOMIESE KRISIS
  Wie sou ooit kon dink dat die magtigste land ter wêreld, die VSA, nou amper bakhand moet staan by die Europese Unie en veral China om hom te help sodat hy sy triljoene dollar se skuld kan "bekostig"? Sy uitspattige uitgawes en korrupte hooggeplaastes in veral die Bankwese kom hom duur te staan en dit bring nog meer werkloosheid en bankrotskappe mee. In 2008 het die grootste finansiële omwenteling die wêreldekonomie in sy grootste krisis in dekades gedompel.
Op 3 September 2011 waarsku Robert Zoellick, president van die Wêreldbank, dat die wêreldkonomie op die punt van ineen-storting staan as gevolg van massiewe skuld, stadige ekonomiese groei en swak beleggersvertroue wêreldwyd. Hy het bygevoeg dat die finansiële krisis waarin sommige lande van die Europese Unie gedompel is verdere terugslae vir die Monetêre Unie inhou. Om alles te kroon, het hy daarop gewys dat besluite rakende die ekonomie wat in Europa, asook in die VSA en in China geneem word, die hele wêreld beïnvloed, aangesien dit so is dat alle lande se ekonomieë huidig aan mekaar verbind is en mekaar beïnvloed.
In Sake24, Beeld, 14 September 2011, word dr. Angela Merkel, kanselier van Duitsland aangehaal:
"Die topprioriteit is om onbeheerde insolvensie te keer omdat dit nie net Griekeland sal tref nie. Die gevaar dat dit ander lande sal tref, is baie groot. My standpunt is baie duidelik: Alles moet gedoen word om die eurogebied uit 'n politieke oogpunt bymekaar te hou omdat ons bitter vinnig 'n domino-effek kan kry."
Angela Merkel se woorde het baie gou tot vervulling gekom. Die skuldkrisis het daartoe gelei dat George Papandreou, die Griekse Eerste Minister, en Silvio Berlusconi, die Italiaanse Eerste Minister, onderskeidelik op 11 en 12 November 2011 hul bedankings ingedien en hul poste ontruim het!
Ons weet dat die onbeheerbare skuld besig is om ook ander lande soos Spanje, Portugal en Ierland op hul knieë te dwing. Die tyd sal leer watter lande die wêreldwye ekonomiese insinking sal kan trotseer, indien wel. Wanneer ons kennis neem van al die negatiewe faktore, gebeurte-nisse en handelinge, asook die selfsugtige menslike ingesteldhede wat gelei het tot die verrotting en vernietiging van bv. die Babiloniese, Egiptiese, Romeinse en Griekse antieke beskawings, besef ons dat die "termiete" van dekadensie, korrupsie, magsbeheptheid en morele en sedelike verval ook die huidige wêreldbeskawings opknaag en skielik inmekaar sal laat sak!
Die boek 5 VOOR MIDDERNAG? is beskikbaar teen die onoortreflike prys van slegs R100! Die outeurs is dr. Japie en Huegene Venter, uitgewers van "Goeie Nuus"/ "Good News". Vir enige navrae en bestellings [ook posbestellings], skakel ons gerus by 018 293 1996 of 074 254 2319.

Indeks     Index