OORVLOEDIGE LEWE!
 

Ons gesin, Albie, Louise, en Johan Fourie is sedert 2007 voltyds in die interkerklike bediening Oorvloedige Lewe Bedieninge betrokke. Albie was 'n tandtegnikus en ek 'n apteker en natuurlike gesondheidspraktisyn toe Vader ons geroep het om hierdie pad in geloof te begin stap.
My lewe is reeds twee keer deur wonderwerke gespaar. Toe ek twintig jaar oud was, is ek gediagnoseer met baarmoeder-kanker, en in die jaar 2000 het ek 'n swangerskapkomplikasie (HELLP-sindroom) gehad met lewer-, nier- en spysverteringkanaal-versaking.
Toe het die tweede wonderwerk gebeur - ten spyte van mediese feite is my lewe weer eens gespaar! Alle eer aan Vader God, Jesus Christus, en die Heilige Gees!
Ten spyte daarvan het ek nog steeds swak lewenskwaliteit beleef. Uit moedeloosheid het ek orals om hulp gaan soek. Uiteindelik het ek die beste geneesmiddel ontdek wat nie met geld gekoop kan word nie. Ek het die Woord soos 'n kind begin toepas volgens Spreuke 3:7- 8: "Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam" (1983-vertaling).
Ek beleef reeds vir sewe jaar die beste lewenskwaliteit ooit, sonder enige medikasie - slegs volgens die waarheid uit die Woord wat ons vrymaak (Johannes 8:32).
Ons het ontdek dat genesing begin by die dien van die Here. Ons moet die Here dien vir Wie Hy is en nie net vir wat ons van Hom kan kry nie! Hy is die Skepper van die Heelal, Hy is ons Voorsiener, Hy is ons Geneesheer, Hy is Liefde!
Oorvloedige Lewe Bedieninge fokus daarop om dissipels te maak en hulle te leer hoe om Vader God te aanbid volgens die riglyne in Sy Woord - in Gees en in waarheid (Johannes 4:23, 24).
Baie van die inligting wat tydens 30 verskillende Naweekseminare aangebied is, is beskikbaar op DVD's of CD's en plakkate. Ons beeld die Woord uit op 'n maklik verstaanbare manier sodat enige persoon dit kan verstaan en toepas!

Vader het vir ons en twee mediese dokters openbaringe gegee van die werklike oorsake van siektes en dis alleen Vader God wat die eer daarvoor kan kry. Ons het ? tydjie gelede afgekom op ? dokter van Zimbabwe wat ook dieselfde beginsels gebruik as Oorvloedige Lewe Bedieninge. Hy het mediese bewyse dat hierdie beginsels suksesvol toegepas kan word.
Ons loof en prys die Vader vir Sy goedheid en dat Hy ons almal só liefgehad het dat Hy Sy Seun Jesus gestuur het sodat elkeen van ons lewe en oorvloed kan ervaar volgens Johannes 10:10. Jesus het gekom sodat ons gered kan word (lewe), maar Hy het ook gesterf sodat ons genesing vir liggaamlike siektes kan kry en dat ons 'n verhouding met Vader God kan hê (oorvloed). Jesus is die Weg, die Waarheid en die Lewe.

In ons eie lewe het ons Vader se liefde begin ervaar op alle terreine. Ons het egter besef dat ons Hom terug moet liefhê met ons hele hart, siel, krag en verstand en ons naaste soos onsself. Ons moes leer dat ons sonder geloof God nie kan behaag nie en dat as ons sê dat ons Hom liefhet, dan sal ons Sy riglyne in die Woord wíl volg.

Ons het begin ervaar dat as ons onsself eerstens beywer vir Gód se Koninkryk en Sy geregtigheid (en nie meer net vir ons eie koninkryk nie), dan sal Hy vir ons alles gee wat ons nodig het en nog meer.
Ons het eers begin met Gesondheid in Oorvloed en eers die beginsels in ons eie lewens begin toepas, met baie goeie gevolge. Daarna het verskeie mense met verskillende siektetoestande soos kanker, HIV-vigs, ens. vir hulp kom aanklop. Vele mense se lewens is reeds verander en Vader God het meer in hul lewens kom doen as om net die siektetoestand te genees.

‘n Voorbeeld van een van die vele gevalle is ‘n blanke vrou by wie HIV-vigs gediag-noseer is met ‘n virale telling van oor die 4 miljoen. Sy en haar man was in die proses van ‘n egskeiding. Hulle het hul besigheid verloor en is bankrot verklaar. Sy het al die Bybelse beginsels uit desperaatheid toegepas soos die Heilige Gees ons gelei het. Binne drie maande het haar virale telling gedaal na 260 en hul huwelik is binne ‘n paar maande herstel. Twee jaar later is haar virale telling nog steeds laag, sy is swanger met hul tweede kind, en dit gaan goed met hulle besigheid. Ons as mense sê so dikwels, "Dit is onmoontlik", of ons sê selfs, "Dit is ongelooflik." Maar alle dinge is vir Vader God moontlik, en Hy alleen kry al die eer!

Kort voor lank het Vader vir ons gesê dat die beginsels van Sy Woord vir alle mense geskryf is sodat alle mense lewe en oorvloed hier op aarde kan begin ervaar! Ons het die afgelope ses jaar hoofsaaklik vanuit Centurion, Pretoria gewerk. Ons word nou egter geroep na Namibië om onder andere ook betrokke te raak by 'n groot projek vir weduwees en wese wat ons in Namibië gaan begin en dan na die res van Afrika gaan uitbrei. Ons is egter bereid om op uitnodiging op enige plek hierdie beginsels te kom aanbied wat Vader vir ons gegee het. Ons word uitgestuur om te gaan doen wat Jesus gedoen het hier op aarde:
Matt. 9:35 - "En Jesus het by al die stede en dorpe rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die Evangelie van die Koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees."
Luk. 9:1 - "En Hy het Sy twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te genees."
Luk. 9:2 - "En Hy het hulle uitgestuur om die Koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak."

Hierdie is 'n baie groot geloofstap! Ons glo dat Vader, soos in die verlede, nou ook in al ons behoeftes sal voorsien. Hy was, is, en sal getrou bly! Ons vertrou Hom ten volle om vir ons o.a. te voorsien van 'n betroubare 4x4 voertuig om in staat te wees om te kan ry waarheen Hy ons wil stuur. Indien jy enigsins betrokke wil raak by Oorvloedige Lewe Bedieninge kan jy ons gerus kontak per e-pos: info@oorvloedigelewe.co.za of besoek ons webtuiste:
www.oorvloedigelewe.co.za
Vir finansiële bydraes:
Rekeningnaam: Oorvloedige Lewe
Absa Spaar: 9244846653
Tak: Centurion
Baie dankie!
Mag jy Abba Vader se liefde, vrede en vreugde in oorvloed ervaar! Groete, liefde en seënwense van Oorvloedige Lewe Bedieninge.

- Louise Fourie, 082 852 4139 (Net SMS’e)

Indeks     Index