'N GETUIENIS UIT MADAGASKAR | |
  |
In die dorpie Anstirabe, ongeveer 200 km suid van Antananarive, die hoofstad van Madagaskar, het 'n Radio-bediening 'n paar jaar gelede 'n buitengewone wonderwerk beleef. Maande lank was die polisie op soek na diewe in Anstirabe, maar sonder sukses. Een aand het die dief en sy helper weer uitgegaan om 'n huis te plunder. Toe hulle oor die muur van 'n huis loer, het hulle opge-merk dat die wag slaap terwyl sy radio aan was. Die radio was ingeskakel op 'n Christelike program van 'n plaaslike FM-radiostasie. Hulle wou voordeel trek uit die situasie en het oor die muur gespring om die huis te plunder. Toe hulle op die punt was om hulle misdaad te pleeg, het die lied "Jesus came to save even the robbers" oor die radio weerklink. Daar en dan het die diewe oortuig geraak van hulle sonde. Hulle het dadelik weer oor die muur gespring en huiswaarts gekeer. Die volgende dag het die diewe na die kantoor van die Radiostasie gegaan en hulle lewens aan die Here oorgegee. Die polisie het hulle nie gevang nie, maar die Here het! Hư het die diewe gered deur middel van Sy boodskap wat oor die radio weerklink het! Jesus het gekom om diegene te red en genees wat verlore is. Loof die Here! (Uit: Golflengte, Nov. 2000) |