MAAK JOU EIE HANDE VUIL... |
|
![]() |
|
  |
Toe preek die dominee roerend oor 'n arme met wie hy onlangs te doen gehad het en daag die gemeente uit om betrokke te raak. "Bring ou klere, bring kos en komberse," het hy gesê. Ná die diens het 'n vroutjie nadergestaan. "Dominee, het jy tot nou toe hierdie arme uit jou eie sak versorg?" wou sy weet. "Nee, moenie bekommer nie. Dit het my nog niks gekos nie, maar hierdie persoon word van vandag af ons gemeente se projek," het hy geantwoord. Die vrou was oorbluf. Dit was maar net nog 'n preek. Die prediker wou self nie sy eie hande vuil maak met die seer en swaar van een of ander randfiguur se hartseer nie. Sy eie beursie was toe terwyl hy van ander verwag het om van 'n arme 'n "projek" te maak. Mag die Here ons almal vrymaak van ons onbetrokkenheid as Hy ons tot diens oproep. Mag ons nie net preek nie, maar doen wat die Here vra! - Stephan Joubert, Beeld, 28 Januarie 2016. "As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. Ek het vir julle 'n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen. Dit verseker Ek julle: 'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie, en 'n gesant ook nie belangriker as die een wat hom gestuur het nie. Julle weet dit nou, gelukkig is julle as julle dit ook doen" (Johannes 13:14-17). |