DIE TAAL VAN GOD SE VOLK

  Die taal wat ek by my moeder geleer het, het ek lief. Dis deel van myself en van my volksidentiteit. MAAR nou vind ek dat daar 'n ongeskrewe taal is waarin ek kan kommunikeer met baie ander mense met 'n ander taal en van 'n ander volk. Dit is die taal van die volk van God, die taal van geloof in Jesus Christus, die taal van liefde teenoor dié Een wat ons almal met Sy bloed gekoop het uit elke stam en taal en volk en nasie!

Dis wonderlik hoe'n mens mekaar herken. Soms vra dit net 'n glimlag, 'n bietjie bedagsaamheid, 'n flentertjie medemenslikheid, 'n beleefde groet... om die versigtige kyk in die oë, die wantrouige stugheid van die vreemdeling te verdryf. En dan breek daar in ons tussen-menslike verhoudings 'n helderheid en 'n warmte deur, en ons staan verstom oor die nuwe óópheid tussen ons, oor dit wat ons in mekaar herken - Één Heiland, één geloof, één lewensdoel, en één identiteit: dié van ons Meester!



Indeks     Index