DIE VOLMAAKTE PSALM | |
[Ps. 23] Die Here is my Herder - Volmaakte Veiligheid Niks sal my ontbreek nie - Volmaakte Tevredenheid Hy laat my neerlê in groen weivelde - Volmaakte Rus Na waters waar rus is, lei Hy my heen - Volmaakte Verkwikking Hy verkwik my siel - Volmaakte Vervulling Hy lei my in die spore van geregtigheid om sy Naam ontwil - Volmaakte Leiding Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie - Volmaakte Versekering & Beskutting Want U is met my - ‘n Volmaakte Metgesel U stok en U staf die vertroos my - Volmaakte Vertroosting U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders - Volmaakte Voorsiening U maak my hoof vet met olie - Volmaakte Heil My beker loop oor - Volmaakte Vreugde Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe - Volmaakte Versorging Ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae - Volmaakte Bestemming! |