BRIEWE | |
  |
Ek het vandag u koerant in my posbus gekry en is beïndruk met wat ek daarin lees. Ek bid u sterkte toe op u weg vorentoe. Hiermee ook 'n gedig wat ek geskryf het: EK GLO Ek glo dat as ek in die chaos van dié tyd my hand na God sou reik Hy weer my uitgestrekte hand sal gryp... Ek glo as wilde heidendom die hoop in my klein gemoed verstom Hy my te hulp sal kom... Ek glo dat as ek in bang onsekerheid my ellende aan my God wil wyt Hy sal verstaan - my sonde nie verwyt... Ek glo Hy sal die wanhoopskrete van my hart verstaan wanneer my kleine lewensbootjie wil vergaan Dat Hy my sal vergeef as ek uiteindelik kaal voor Hom sal staan... Groete uit Worcester: Ek woon in Worcester en my oudste dogter in Klerksdorp. Deur haar het ek die "Goeie Nuus / Good News" in die hande gekry. Die leesstof is absoluut kragtig. Ek vertel aan almal in die omgewing wat ek gelees het en dit bemoedig hulle baie. So kring die goeie nuus van die Woord uit deur julle koerant. Hou aan met die goeie werk! Marie Walters, Panorama, Worcester Vriend, Senwes, Klerksdorp, skryf: Ek wil net graag dankie sê vir julle koerant. In die jaar wat verby is, het ek geleer wat genade en sorg van die Here is. In tye toe ek nie meer geweet het waarheen nie, was Sy Stem altyd hoorbaar. Ek wil net sê: al lyk jou lewe hoe donker en sonder lig, iets, iewers wys jou dat God omgee! "Goeie Nuus" was met tye 'n groot troos toe ek kon lees van ander se geloof en volharding. Baie dankie! Mev. Anne-Marie Fourie, Orkney, skryf: AAN U DIE EER! Met sonsopkoms elke dag en wanneer ek die warm son op my vel voel brand As ek die wind deur my hare voel spoel en ek die natuur bewonder Moet ek U loof! Wanneer ek my kinders in my arms vashou en my ouers nog drukkies kan gee Wanneer ek my man nog nag kan sê en rustig kan gaan slaap Dan moet ek U prys! Wanneer ek nog voëls kan hoor sing en hul vlug kan aanskou Wanneer ek nog die visse in die see kan sien swem en die koue water teen my bene kan voel klots Daarvoor moet ek U eer! Wanneer ek nog sterre kan sien met elkeen helder en volmaak En die maan wat oor die aarde skyn wat die donker nie so donker maak Moet ek u weer eens loof! Vir elke mens op die aarde Vir elke dier klein en groot Vir elke ding in die natuur En vir u liefde Daarvoor prys ek U! U gee vir elke mens soveel U praat (as ons luister) en help elkeen op die regte pad Min besef werklik hoe bevoorreg ons is Net om u liefde te ervaar is so 'n groot voorreg Dankie, liewe HEER! Mev. SFA Calitz, Freemanville, Klerksdorp, sê dankie Dankie aan die Here vir Sy troue sorg en aan die personeel van Thomas Hodgson Ouetehuis vir hul toegewyde diens en vriendelikheid. Die Here is vir ons almal ‘n toevlug in tye van benoudheid. Dag na dag dra Hy ons. Hy laat ons nooit alleen nie! Daar is so baie mense wat met seer, waarvan ander nie bewus is nie, in hulle binneste leef. Onthou, die Here kan die seer wegneem. Gee Hom net 'n kans in jou lewe. HY maak die verskil! Hiermee 'n gedig deur my man geskryf nadat hy beroerte gehad het. Die Here het hom waarlik aangeraak. Selfs die dokter het gesê dat dit 'n wonderwerk was. Later het hy egter hartprobleme ontwikkel - dus was sy vlerk vermink. Hy is skielik op 28 Des. 1999 weggeneem sonder 'n groet aan 'n hartaanval. om die hoogste hoogtes te deurklief. Vanuit die hoogte kan hy die wêreld bespied terwyl hy weet die hemelruim is sy gebied. Maar eendag het hy op 'n lae krans aan die slaap geraak en net daar het die hoogtes wat hy eens bereik het, gestaak. Want 'n jagter met 'n haelgeweer het op hom gevuur - die arend het gedink dit is sy laaste uur. Verskrik en beangs het hy probeer wegkom van die skielike seer en gevaar rondom hom. Hy het later wel 'n plek van veiligheid gevind maar kon niemand kry om sy stukkende wond te verbind. Met die tyd het die wond op 'n manier genees maar nooit nie ten volle, was maar altyd gekneus. Want sien, die vlerk het nooit ten volle weer herstel maar hom gekniehalter en erg geknel. Ja, hy het geweet dat hy nooit weer vroeëre hoogtes sal haal want sy verminkte vlerk was te swak en het hom gefaal. Hou egter moed, alles is tog nie vir jou verlore Jesus het reeds gely, daarom is oorwinning vir jou beskore! Dit is so dat ons nie altyd alles verstaan en daarom stort ons soms 'n hartseer traan. Ons voel ons word baie keer prooi van die wolf Hou egter aan want weldra gaan jy ry op die kruin van die golf! Aan die kruis het Hy vir al jou skuld betaal en is dit nou moontlik om die oorwinning te behaal. Al gaan jy soms onder baie laste gebuk onthou altyd Jesus verander druk na geluk! Dus, die les van die voël met die verminkte vlerk: Vertrou op Hom, Hy maak jou bekwaam en sterk! As ek wil roem, waarheen moet ek gaan? Net na Golgota en daar by die ereplek gaan staan. Hierdie nabyheid is vir my die ankerplek; Hier het Jesus my vonnis voltrek en boonop die dood se angel uitgetrek! Toe ek daar staan, hoor ek: "Dit is volbring!" En ek besef Satan is volkome oorwin! Vir my as sondaar is dit 'n vaste borg God se liefde en genade het vir my gesorg! Kom stap met my saam dan gaan ons kyk hoe dit na dese daar by Golgota lyk. Die kruis is leeg en my Bevryder Waar is Hy? Na die Vader waar Hy nou intree vir jou en my. Op Pinksterdag het Hy die Heilige Gees uitgestort sodat ons in krag en waarheid gelei kan word. |