WANNEER IS DIT DAG? | |
  |
"Laat een nag sit ‘n wyse man en ‘n paar van sy studente om 'n vuurtjie en gesels. Dit was die donker uur net voor dagbreek wanneer die sterre op hul helderste skitter. "Hoe sal julle weet wanneer die nag verby is en die nuwe dag begin?" vra hy hulle. "’n Mens weet dat die dag begin breek wanneer jy kan uitmaak of die dier wat daar anderkant staan, ‘n skaap is of ‘n skaaphond," antwoord een van die studente. "Is dit die regte antwoord?" "Dit is ‘n goeie antwoord," sê die wyse man, "maar dit is nie die regte antwoord nie." Na ‘n rukkie waag ‘n tweede student ‘n antwoord. "’n Mens weet dat die nag verby is wanneer daar genoeg lig is om uit te maak of dit ‘n palmboom of ‘n sipresboom is wat jy in die verte sien." Weer skud die wyse man sy kop. "Dit is ook ‘n slim antwoord, maar dis nie die antwoord wat ek soek nie." Nadat die studente die saak van alle kante bespreek het, maar met geen beter antwoord vorendag kon kom nie, vra hulle: "Wil u nie maar self u vraag beantwoord nie? Ons kan nie aan beter antwoorde dink nie." Met sagte oë kyk die wyse man na die jongmense en sê: "As ‘n mens in die oë van ‘n medemens kyk en in hom of haar ‘n broer of suster kan raaksien, weet jy dat ‘n nuwe dag begin het. Vir hulle wat dit nie kan doen nie, bly dit altyd nag." "Die nood in my naaste se oë is die enigste deur uit die sel van my selfsug." - George McDonald |