Belofte van die Ewige Son
  'n Tuin getransformeer
in kwynend namiddagson
Sy kleurespel
in organiese verganklikheid
om my te herinner aan Sy dood
En vir my, die Lewe in die Ewige Son

Openbaring: 21:23 & 24 (Ou Vertaling)

En die stad het die son of die maan
nie nodig om in hom te skyn nie,
want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp
En die nasies van die wat gered
word, sal in die lig daarvan
wandel, en die konings van die
aarde bring hulle heerlikheid
en eer daarin.

(Phonnie: Herfs)

Indeks     Index