DANKIE VIR SWAARKRY
  God beproef ‘n mens nooit tot breekpunt nie. Net tot groeipunt (Anoniem).
"God is die Vader wat Hom ontferm en wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig" (2 Kor. 1:3-4 NV).
Kry jy swaar? God is nie besig om jou sleg te behandel nie. God versoek nie mense nie en stuur nie die kwaad nie. God is egter magtig om die versoekings en swaarkry in ons lewe om te draai sodat ons daardeur kan groei. Hoor mooi. Hy het jou oneindig lief. Juis daarom sal Hy nooit toelaat dat jy breekpunt bereik nie. Hou dus jou oog op Hom. Vra Hom om jou te help om sin te maak van hierdie swaarkry. Só sal jy groei.
- Pitkos vir die Pad, Annes Nel, CUM 2004

Indeks     Index