MY GENADE IS VIR JOU GENOEG!
  Charles Spurgeon het die volgende geskryf: Na ‘n moeilike en veeleisende dag keer ek een aand belas en bedruk huiswaarts. Skielik flits 2 Kor. 12:9 in my gemoed op. Tuis het ek die teks nageslaan. Daar staan: MY GENADE IS VIR JOU GENOEG. Dadelik antwoord ek: "Ek sou so dink, my Vader!" en ‘n heerlike blydskap vul my.
Hierdie teks het ongeloof vir my soos ‘n groot dwaasheid laat lyk.
Dit was asof ‘n klein, baie dors vissie, bekommerd was dat hy die rivier sou leeg drink, en asof die groot rivier vir hom wou sê: "Drink maar, vissie, my stroom is genoeg vir jou." Verder het ek myself ‘n man voorgestel op ‘n hoë berg wat vir homself sê, "Ek asem jaarliks so baie kubieke meter lug in dat ek bekommerd raak dat die suurstof uitgeput sal raak". Toe antwoord die lugruim: "Haal maar diep asem, liewe man, trek jou longe altyd vol. My lug is genoeg vir jou." Lewens, familie, en werksomstandighede laat ons soms twyfel of ons heel anderkant gaan uitkom. Onthou: swak geloof sal wel ons siele hemel toe vat, maar sterk geloof bring die hemel na ons siele!
- Oorgeneem

Indeks     Index