JY Sê... | |
  |
Jy sê: "Dit is onmoontlik!" God sê: "Wat vir die mense onmoontlik is, is vir God moontlik." (Lukas 18:27) Jy sê: "Ek is baie moeg." God sê: "Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee." (Matteus 11:28) Jy sê: "Niemand het my regtig lief nie." God sê: "Ek het jou nog altyd liefgehad…" (Jeremia 31:3b) Jy sê: "Ek weet nie wat om te doen nie." God sê: "Hier is die pad, loop hierlangs." (Jesaja 30:21b) Jy sê: "Ek kan dit nie doen nie." God sê: "(Jy) is tot alles in staat deur Hom wat (jou) krag gee." (Filippense 4:13) Jy sê: "Hoekom gebeur nou juis dít?" God sê: "(Ek) (laat) alles ten goede meewerk vir dié wat (My) liefhet." (Romeine 8:28) Jy sê: "Ek kan myself nie vergewe nie." God sê: "(Ek) vergewe (jou) (jou) sondes en reinig (jou) van alle ongeregtigheid." (1 Joh. 1:9b) Jy sê: "Ek is bang!" God sê: "Moenie bang wees nie, …want (Ek) bewys genade aan jou." (Lukas 1:30) Jy sê: "Ek is baie bekommerd." God sê: "Werp al (jou) bekommernisse op (My), want (Ek) sorg vir (jou)." (1 Petrus 5:7) Jy sê: "Ek voel baie eensaam." God sê: "Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie." (Heb. 13:5b) |