DIE MIDDEWEG IS GEVAARLIK | |
  |
"Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit My mond spoeg" (Openbaring 3:16).
As 'n student vir die eksamen leer, kan hy leer om die hoogs moontlike punt in die eksamen te behaal. Hy kan ook leer om net sestig persent, of vyftig persent te behaal, of selfs net om te slaag. Hoewel dit gewaagd is, is dit tog haalbaar. As 'n mens egter in hierdie lewe die hoogste prestasie wil bereik, sal jy alles moet inspan om jou ideale te bereik.
Die gesindheid wat Paulus openbaar in Fil. 3:12 wil ons leer dat hư alles wil inspan om sy doel te bereik, as hy sê: "Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak, omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het". Anders as die student wat maar tevrede is met 'n tweede of derde beste prestasie is die geestelike en geloofslewe nie daarmee te vergelyk nie. Dit gaan hier nie daaroor of volmaaktheid al bereik is nie, maar oor die wyse waarop 'n mens voluit leef en al jou kragte inspan om die volheid in Christus Jesus te bereik. Volgens die uitspraak van God m.b.t. bogenoemde teksvers, is dit of alles of niks. Daar word geen voorsiening gemaak vir 'n middeweg nie. Die mens sou wil redeneer dat daar tog verdienstelikheid behoort te wees in periodieke goeie dade en om af en toe darem te bid en kerk toe te gaan. 'n Mens behoort darem punte te kry omdat jy 'n vroom, godsdienstige lewe lei en nie drink, steel, rook of owerspel pleeg nie. As 'n mens soos Paulus, met soveel geestelike ervaring, en wat so ver ontwikkel en verdiep het op geestelike gebied, géén verdienste het nie, hoeveel te meer die lou of koue Christen! Geen mens kan homself as maatstaf neem om te bepaal of hy koud of warm is nie, omdat sy subjektiewe beoordeling misplaas en onakkuraat sal wees. In 2 Kor. 10:12 sê Paulus: "Ons waag dit natuurlik nie om ons op een lyn te stel of te vergelyk met sekere mense wat sodanige dunk van hulleself het nie. Hulle is dom: hulle meet hulleself aan hulleself". Wanneer 'n mens hom- of haarself in lyn bring teenoor Jesus, ons volmaakte Heiland, lees Fil. 3:10a: "Al wat ek wens is om Christus te ken, wat alles van Homself geoffer het en niks terug gehou het nie". Om soos HY te word was Paulus se hoogste strewe. - Met God Wandel, Dagstukkies - Inspirasie vir Elke Dag, E.R. Meiring. Vir navrae of bestellings: Tel: (018) 293 2025 of sel: 087 205 6555. |