SY GENADE IS VOLDOENDE
  Wat ook al oor jou pad kom, God gee jou die genade om dit te verduur.
Hoeveel genade is vir jou beskikbaar? Al die genade wat nodig is!
God sal jou nooit op ‘n plek bring waar Sy genade nie genoeg is nie.
Sy genade gee jou karakter-vastheid, ‘n duidelike en seker doel, ‘n edele voorneme, en ‘n onwankelbare vertroue. God het planne vir jou op die plek waar Hy jou geplaas het, en Sy genade is vir jou genoeg om dit uit te voer! [Uit: Vind Vreugde in die Here, deur Roy Lessin, Christian Art Gifts 2005]

Indeks     Index