SKRYWE VAN 'N KANKERLYER | |
  |
Frikkie Wessels, oorlede 24/04/2008 (Ingestuur deur Paula Pretorius) O God, dit is uit diepe dankbaar-heid en met groot vreugde dat ek my hand op papier sit om hierdie getuienis neer te skryf. Dankie dat U my gekies het om die een man, uit tienduisend borskanker-gevalle te wees, wie se borskanker ontwikkel, gegroei en versprei het. Gedurende hierdie groeiproses gee U inderwaarheid vir my (ons) geleende tyd om baie dinge te doen en reg te maak. Watter wonderlike voorreg is dit nie om saam met U my kas se deur oop te maak, die geraamtes uit te haal, en om vergifnis te vra en dit te ontvang nie. Dankie, Here, dat ek die bevoorregte persoon mag wees wat nie in 'n oogwink, hetsy deur 'n hartaanval, ongeluk, rooftog, ska-king, of 'n moord, sonder tyd om my lewe reg te maak, uit hierdie aardse lewe geruk word nie. Here, U weet dat U my by twee geleenthede gevra het om vir U te werk en siele vir U te wen (Die Highway to Heaven-projek), maar dat ek ongehoorsaam, te bang, te swak, te onwillig, ongelowig, en vol verskonings was. Vergewe my hierdie onreg wat ek U aangedoen het, en gebruik my en gee my asseblief nog 'n kans onder my nuwe omstandighede, sodat ek U wens kan vervul. Mag U elke gelowige en onge-lowige wat my brief lees, se lewe aanraak. Omdat ek U nou beter ken, weet ek dat U met net een siel wat ek vir U kan wen, tevrede sal wees, sodat U doel met my siekte vervul mag word. Dankie, Here, vir die vragmotor vol vlae wat U vir my gegee het. Ek wil en sal deur U genade al hierdie vlae vir U plant soos en waar U wil hê ek dit moet doen. Here, ek bid vir alle nie-kanker-lyers wat ook elke dag 'n dag nader aan hulle dood is, maar wat dit nie aanvaar, dit nie wil glo en nie omgee nie, maar steeds roekeloos lewe. Ek bid dat hulle sal wakker skrik en dadelik hulle saak met U sal regstel. So bid ek ook vir alle kankerlyers. Wees dankbaar, aanvaar jou omstandighede, gebruik hierdie geleende tyd reg, leef voluit vir die Here en wen siele vir Hom. Here, dit is nie uit selfsug dat ek weer eens 'n beroep op U doen dat as dit U wil is, U die kanker asseblief by my brein sal laat verbygaan nie. Ek wil graag tot die einde by my volle positiewe wees, skerp wees, en my daag-likse brood verdien sodat ek vir my vrou, kind, en skoonma kan sorg. Stort U seën en beskerming oor ons uit. AMEN. |