WOORDKAFEE GOD SE GEESTELIKE GIMNASIUM | ||
  |
![]() "Get the card" - Word gratis lid. "Get the gear" - Kom soos jy is, met wat jy het. "Get a trainer" - Laat jou leer deur die Heilige Gees wat sonder afspraak beskikbaar is en selfs buite Woordkafee-ure werk. "Die Gees van die Waarheid sal julle in die hele waarheid lei" (Joh.16:13). "Get the right programme" - Saam met die Heilige Gees is daar nog twee Persone wat jou persoonlike geestelike groei-program bepaal: 'n Pa en Sy Seun, die Woord wat Mens geword het. "Uit Christus groei die hele liggaam … soos God dit laat groei." (Kol.2:19). "Get the right diet" - Jesus voorsien die spesiale dieet: "Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie" (Joh.6:35). Die Vader sê ook: "Luister aandagtig na My sodat julle kan eet wat goed is" (Jes.55:2b). Woordkafee is veral 'n luisterplek waar die voeding van die Woord gratis ingeneem kan word. Die luister-opnames word verkry van internasionale bedie-ninge wat plaaslik bekend is, soos "Grace to you", Derek Prince Ministries, Joyce Meyer Ministries, Ellel Ministries, ens. Woordkafee skakel ook met binnelandse bedieninge, soos Radiokansel, plaaslike kerke, en ander bedieninge wat Woordver-kondiging in Afrikaans en ander Suid-Afrikaanse tale doen. Die individu kan na eie behoefte self kies. Daar is die "melk" van die grondwaarhede van die Woord en daar is ook "vaste kos vir grootmense, vir mense wat oor insig beskik en wat deur ervaring geoefen is" (Heb.5:12). As jy jou keuse gemaak het, kry jy 'n klankspeler waarmee jy rustig met oorfone kan sit en luister. Selfs met aanbiedinge op DVD maak Woordkafee dit vir jou moontlik om alleen te kyk en luister, as jy dit so verkies. Wanneer die Woord reg gebruik word, stel dit jou in staat om na jou eie lewe te kyk soos God jou sien. Woordkafee is dus 'n diepkyk-plek waar ware kennis uit die Woord nie kopkennis bly nie, maar hartkennis word. "Die Woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart" (Heb.4:12). Kom kyk, luister en ervaar hoe jy jou spesiale plek in die Liggaam van Christus tot volle potensiaal kan oefen. God belowe in Jesaja 55:11, "So sal die woord wat uit My mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het." Daarmee maak Hy jou gereed om Hom te dien, saam met ander vrywillige helpers, ook in die nuwe leefstylplek, Woordkafee. Ena Jooste (018) 297 3605 of 072 486 1325 |